1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Openbare betrokkenheid by die wetgewende proses : met 'n ligte stampie terug aarde toe ... of nie?

USD

 

Abstract

Hierdie saak handel oor twee fundamentele kwessies, naamlik verpligte openbare deelname aan die wetgewende proses en die ondergeskiktheid van wetgewende instellings aan die reg, en bou voort op leidinggewende uitsprake wat die howe oor die afgelope aantal jare oor hierdie sake gelewer het. Wat eersgenoemde betref is deursigtigheid, responsiwiteit en verantwoordingpligtigheid onderliggende waardes van die republiek (a 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996). Uitgebreide regte op politieke deelname word vir elke volwasse individu in artikel 19 van die grondwet gewaarborg. Elke nasionale en provinsiale wetgewende instelling kan reëls en orders betreffende hulle werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingpligtigheid, deursigtigheid en openbare betrokkenheid (a 57(1)(), 70(1)() en 116(1)()). Dit is 'n oogmerk van plaaslike regering om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike regeringsaangeleenthede aan te moedig (a 152(1)()). Elke nasionale en provinsiale wetgewende instelling moet openbare betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van daardie instelling en sy komitees vergemaklik (a 59(1)(), 72(1)() en 118(1)()). Daarbenewens maak die Internasionale Konvensie oor Burgerlike en Politieke Regte van 1966 in artikel 25 voorsiening vir 'n reg en geleentheid om direk of deur verkose verteenwoordigers aan openbare aangeleenthede deel te neem. Artikel 13 van die van 1986 herhaal hierdie bepaling : "Every citizen shall have the right to participate freely in the government of his country, either directly or through freely chosen representatives in accordance with the provisions of the law."

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/3/EJC55251
2009-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error