1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Perspectives on extending protection to atypical workers, including workers in the informal economy, in developing countries

USD

 

Abstract

Employees in the traditional full-time employment paradigm are well protected in South Africa and most other countries in the Southern African region. However, current regulation is largely unable to protect workers employed in the new forms of non-standard employment, and in many instances this is the case due to the restrictive interpretation of who qualifies as an "employee". "Atypical", "non-standard", or even "marginal" are terms used to describe these workers.


Die outeurs argumenteer in die artikel dat die arbeidsreg herontwerp moet word om in pas te bly met die toenemende aantal persone wat werk ingevolge atipiese diensverhoudinge asook die snel groeiende informele ekonomie. Indien arbeidsreg nie daarin kan slaag om beskerming uit te brei na ander verdienstelike groepe werkers as dié wat ingevolge 'n tradisionele dienskontrak werk nie sal die impak van die reg in die toekoms onnoemenswaardig wees.
In die artikel word verduidelik wat verstaan word onder atipiese werk en werk in die informele ekonomie; watter persone daardeur geraak word en hoe hul profiel daar uitsien. Die artikel gaan dan voort om die huidige internasionale en nasionale regulering van atipiese werk en werk in die informeleekonomie te beskryf en te ontleed. Alhoewel daar struikelblokke is om tradisionele arbeidsregbeskerming uit te brei na hierdie spesiale kategorieë kan heelwat bereik word indien bestaande beskerming net verder uitgebrei word. Dit kan veral gedoen word indien sekere eng definisies, soos die van 'n werknemer, wyer vertolk word deur die howe.
Aandag word ook geskenk aan twee belangrike aspekte vir bovermelde tipe werkers, naamlik verteenwoordiging en organisering asook die strategie van behoorlike werk (decent work). Die skrywers onderskryf die belangrikheid van hierdie komponente in die bereiking van 'n goeie werk vir almal ongeag waar so 'n persoon of ingevolge welke soort kontraktuele reëling 'n persoon mag werk. Laastens word sekere informele of privaatskemas beskryf wat deur werkers begin is in ontwikkelende lande (bv Tanzanië en Indië). Dit bevestig dat alhoewel die plaaslike regering 'n belangrike rol te vervul het die samelewing ook stappe kan neem om sodanige ekonomies aktiewe persone te ondersteun en te beskerm.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/3/EJC55257
2009-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error