1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Weak Courts, Strong Rights : Judicial review and social welfare rights in comparative constitutional law, Mark Tushnet : boekresensie

USD

 

Abstract

Tushnet, die bekende hoogleraar in staatsreg van die Universiteit van Harvard, stel wederom nie teleur met sy jongste boek nie. Dit bou voort op navorsing van ander soos die baanbrekende artikel van Gardbaum ("The new Commonwealth model of constitutionalism" 2001 707). Gardbaum verduidelik dat daar nie meer net onderskei kan word tussen stelsels mét en sónder konstitusionele toetsing deur die howe nie, maar dat daar meer kennis geneem moet word van die "niemandsland" tussen hierdie twee uiterstes. Waar konstitusionele toetsing gewoonlik beteken dat 'n hof 'n regsvoorskrif ongeldig moet verklaar weens stryd met 'n grondwet (of ander soorte sogenaamde hoër reg) rus die klem in 'n toenemende mate op nuwe maniere van juridiese toetsing sonder om 'n regsnorm ongeldig te verklaar. Gardbaum verwys na ongeldigverklarings as voorbeelde van (sterk toetsing) terwyl die alternatiewe aangestip word as (swak toetsing).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/4/EJC55265
2009-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error