1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - 'n Klemverskuiwing by inhegtenisneming sonder lasbrief : aantekeninge

USD

 

Abstract

Inhegtenisneming deur 'n vredesbeampte sonder lasbrief ingevolge artikel 40 van die Strafproseswet 51 van 1977 (die wet), is die mees omstrede van die vier statutêre metodes waarmee die teenwoordigheid van 'n beskuldigde persoon voor 'n hof verkry kan word. Die ander prosedures waarvoor in artikel 38 voorsiening gemaak word, te wete dagvaarding (a 54), skriftelike kennisgewing (a 56) en akte van beskuldiging (a 144) is minder ingrypend van aard aangesien aanhouding van die persoon nie daarin figureer nie. Dit behoef weinig betoog dat inhegtenisneming sonder lasbrief 'n belangrike en noodsaaklike rol vervul in die uitvoering van die pligte van die polisiediens in misdaadbekamping. Die misbruik daarvan maak egter inbreuk op van die mees sensitiewe en beskermingswaardige regte vervat in die handves van regte.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2009/4/EJC55275
2009-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error