1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Terugvordering van skenkings van voormalige skoonkinders en leerjongens : aantekeninge

USD

 

Abstract

Die Hollandse spreuk "eerst gegeven en dan genomen, is erger dan een dief gestolen" (eers gegee en dan geneem, is erger as 'n dief gesteel - Joubert (1997) "gee") het soos ander spreuke minstens 'n element van waarheid en verwoord die belewing van 'n bepaalde gebeure in die volksmond. Die eenvoudige volksgees sou wou aanvaar dat 'n geskenk 'n geskenk bly vir altyd - "eens gegeven blijft gegeven". In werklikheid moet aanvaar word dat selde presteer word sonder een of ander gedagte aan 'n teenprestasie. As die verwagting nie bewaarheid word nie, mag die skenker van gedagte verander. (Ook die skuldkwytskelding wat in vermeld word, het 'n weeropheffing van die reeds ingetrede gevolg vir die ondankbare kwytgeskelde skuldenaar meegebring sonder dat daardie Kwytskelder daardeur as dief bestempel kon word - vgl 18:27 en 18:34.) 'n Spreuk kan dus die regswerklikheid soos deur 'n dowwe spieël swak weergee. Die moderne reg het verby die en die van ouds ontwikkel en daar moet genuanseerd kennis geneem word van alle verwikkelde omstandighede alvorens 'n bepaalde regsuitkoms as onbillik of dieftig tipeer word. Trouens, juis 'n opgeskerpte kennisname van die beperkende werking van die goeie trou en billikheidsnorme mag in 'n gegewe geval daarop dui dat die begiftigde hom nie sonder meer op die "regsekerheid" en "pacta sunt servanda" wat anders tereg hoog aangegee word, kan beroep nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2010/2/EJC55306
2010-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error