1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Taal in skole veroorsaak nog 'n slag hoofbrekens : regspraak

USD

 

Abstract

In meertalige lande bly die onderrigmedium in skole 'n turksvy (sien bv De Varennes (1996) 192 ev; De Varennes "The existing rights of minorities in international law" in Kontra ea (reds) (1999) 119 ev; Jones "Education rights and the definition of minorities" in Fottrell en Bowring (reds) (1999) 205 ev). In lande soos België en Kanada word streng taalvoorskrifte op 'n territoriale grondslag afgedwing. Waar lede van verskillende taalgroepe dieselfde gebied bewoon, skep dit deurgaans probleme ( (1 EHHR 241); (1990) 1 SCR 342). Suid-Afrika bly sulke probleme nie gespaar nie. Ten spyte van die oënskynlike beskerming wat taal in die grondwet geniet, is die verengelsing van skole min of meer volledig voltrek, word die inheemse tale gruwelik van owerheidsweë verwaarloos en word aan moedertaalonderrig slegs lippediens bewys. Boonop verkeer die handjievol Afrikaansmediumskole onder groot druk om na Engels as medium van onderrig oor te slaan of Engels minstens as onderrigmedium by te voeg. Die taalbepalings van die grondwet is by verskeie geleenthede in die howe getoets, hoofsaaklik weens hierdie druk wat die nasionale en provinsiale onderwysowerhede op Afrikaanse skole plaas. In die meeste gevalle is die optrede van die onderwysowerhede hoofsaaklik op administratiefregtelike gronde wederregtelik bevind (sien bv 2005 10 BCLR 973 (HHA); 2003 4 SA 160 (T); Seodin Primary School v MEC of Education, Northern Cape 2006 4 BCLR 542 (NK), en sien die kommentaar op hierdie beslissings van Malherbe "Language in education : South Africa" in De Groof ea (reds) (2007); "Taalregte in Suid-Afrikaanse skole : (tydelike) verligting van onverpoosde druk" 2006 TSAR 190-197; "Oor kopdoeke, neusknopies en taal : die uitdagings van diversiteit in onderwys" in Boezaart en De Kock (reds) (2008) 39-57).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2010/3/EJC55322
2010-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error