1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Parlementêre prosedure as demokratiese instrument : inagneming van provinsiale standpunt in parlementêre besluitneming : regspraak

USD

 

Abstract


Vroeër is reeds opgemerk dat parlementêre prosedure billikheid in besluitneming moet bevorder, tot konflikregulering in die samelewing moet bydra, die demokratiese grondslag van die staat moet handhaaf en uitbou en sodoende die legitimiteit van die stelsel versterk (Malherbe "Die grondslae van parlementêre prosedure" 1991 426 430-431; sien ook Malherbe (1991 proefskrif RAU) 200-201). Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, beaam hierdie benadering op verskillende maniere. Eerstens, wat strukture betref, bestaan die parlement uit twee huise, naamlik die direk verkose nasionale vergadering en die nasionale raad van provinsies, wat primêr daarvoor verantwoordelik is om as verteenwoordiger van die provinsies te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word (a 42(4)). Tweedens is die prosedures van die parlement ontwerp om die insette van die provinsies in die wetgewende proses te bekom en in aanmerking te neem. Verder bepaal die grondwet dat die prosedures van die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en openbare betrokkenheid in ag moet neem (a 57(1)() en 70(1)()), voorsiening moet maak vir die deelname van minderheidspartye (a 57(2)() en 70(2)()), en openbare betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die twee huise moet vergemaklik (a 59(1)() en 72(1)()).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2010/4/EJC55343
2010-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error