1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - (vervalbedinge) en pandreg : aantekeninge

USD

 

Abstract

Die regspraak en die daaropvolgende onlangse literatuur oor die geldigheid en effek van by pandreg maak dit duidelik dat hierdie aspek van die saaklike sekerheidsreg in die Suid-Afrikaanse reg 'n sekere mate van onsekerheid en onduidelikheid vertoon. (Sien 1919 AD 343; 1924 AD 20; 2003 4 SA 378 (HHA); 2003 4 All SA 103 (HHA); 2007 6 SA 110 (HHA) wat eersgenoemde betref en vir laasgenoemde Badenhorst, Pienaar en Mostert (2006) 368; Schulze ", banks and mortgage bonds" 2004 De Jure 256, " and public policy. The supreme court of appeal provides further guidelines" 2005 710 716.) Handboeke behandel die onderwerp grotendeels kursories en onbevredigend. Talle fasette van hierdie onderwerp moet na my mening egter verder oordink en beredeneer word.


'n (vervalbeding; ook bekend as 'n word hier nie in die betekenis van "wet" nie, maar in die betekenis van "beding" gebruik; sien Verhagen 67) is 'n beding in die sekerheidsooreenkoms ingevolge waarvan die skuldeiser by wanbetaling deur die skuldenaar eiendomsreg van die pandsaak verkry. Voor ek tot die bespreking van die Suid-Afrikaanse regsposisie oorgaan, wil ek daarop wys dat enige verdere navorsing of uitsprake oor vervalbedinge na my mening gebrekkig sal wees as daar nie van Verhagen se bovermelde artikel kennis geneem word nie. Hierdie omvattende regshistoriese en regsvergelykende bespreking van die aangeleentheid is nie alleen 'n voortreflike regsbron vir hierdie afdeling van saaklike sekerheidsreg nie, maar behoort ook 'n inspirasiebron vir menige akademici te wees - tegelykertyd, vanweë die omvang en deeglikheid daarvan, is dit ook uiters intimiderend.
Twee appèlhofuitsprake, en , dien as aanknopingspunte vir enkele gedagtes wat ek oor die onderwerp vir bespreking wil oopstel. As uitgangspunt neem ek die uitspraak in die -saak.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2010/4/EJC55348
2010-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error