1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The business rescue proceedings in the Companies Act of 2008 : concerns and questions (part 2)

USD

 

Abstract

Creating a successful and acceptable business rescue procedure in a creditor-friendly system, which South Africa most certainly is, is always difficult and this has been proved by our history with judicial management. It is therefore regrettable that the drafters of the provisions regulating the new rescue proceedings did not exercise more care in constructing the new procedure to avoid introducing principles and provisions that are completely foreign and even in conflict with our established law.


As a result of the widely held view that judicial management was not an effective rescue procedure, no rescue culture has developed in South Africa. In most cases where a company finds itself in financial distress, informal workouts or liquidation is still the automatic choice to deal with the problem. The attitudes to judicial management will invariably affect any new business rescue procedure and cause it to be viewed with some scepticism.
The many unclear, confusing and sometimes alarming provisions regulating the business rescue proceedings in the Companies Act of 2008 will certainly not assist in making the procedure more acceptable or successful. Therefore, it is hoped that the legislature will recognise the urgent need to clarify, rectify or replace these provisions as soon as possible.


Die instelling deur die Maatskappywet 2008 van 'n nuwe prosedure vir die redding van ondernemings in finansiële nood word allerweë verwelkom, maar die onsekerheid en kommer oor verskeie bepalings wat hierdie prosedure reguleer kan verhoed dat dit die suksesvolle alternatief vir likwidasie word waarop gehoop is. Die artikel bespreek die ernstige probleme wat deur sommige van hierdie bepalings veroorsaak kan word.
Sommige probleme, hoewel ernstig, is bloot die gevolg van onduidelike en swak formulering van die betrokke bepalings en kan relatief maklik reggestel word. Voorbeelde hiervan is die onsekerheid oor die presiese aanvangstydstip van ondernemingredding wat deur 'n hofbevel begin word, die gevolge van nienakoming van die voorgeskrewe formaliteite nadat die direksie besluit het om met ondernemingredding te begin en in watter mate versekerde skuldeisers gebind word deur 'n goedgekeurde reddingsplan.
Daar is egter ook bepalings wat uiters onrusbarend is nie net as gevolg van die onaanvaarbare uitwerking daarvan nie, maar ook omdat dit skynbaar sonder enige inagneming van bestaande en aanvaarde regsbeginsels opgestel is. Dit sluit in die onbeperkte magte wat aan die ondernemingreddingspraktisyn verleen word om individuele bepalings in bestaande kontrakte op te skort of selfs te kanselleer, maar ander bepalings in dieselfde kontrak af te dwing. Ook die oënskynlike reg wat aan elke geaffekteerde persoon verleen word om diegene wat 'n reddingsplan verwerp het, te dwing om hul stemdraende belange te verkoop teen likwidasiewaarde, is rede tot kommer, veral aangesien die betrokke bepaling so onduidelik is dat die volle moontlike omvang daarvan nie behoorlik bepaal kan word nie.
Verskillende leemtes in die wet word uitgewys, soos die gebrek aan 'n tussentydse moratorium om die maatskappy te beskerm totdat die prosedure formeel begin, asook die versuim om voorsiening te maak vir persoonlike aanspreeklikheid van persone wat die prosedure misbruik, ten spyte daarvan dat die reg om dit te gebruik aan 'n wye aantal groepe persone verleen is.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2010/4/EJC55354
2010-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error