1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Conflict resolution between owners of land and holders of rights to minerals : a lopsided triangle?

USD

 

Abstract


Die artikel fokus op die botsing van belange tussen eienaars van grond en houers van regte op minerale, die bepaling van regsvoorkeur by belangebotsings en die oplossing van geskille tussen die partye. Eerstens word gekyk na die driehoekige verhouding tussen die eienaars van grond, houers van regte op minerale en die staat. In die vorige bedeling is regte op minerale deur grondeienaars (of houers van mineraalregte) verleen terwyl sulke regte tans deur die staat verleen word. Die onlangse vermenigvuldiging van die regte op minerale deur die beweerde vrylike toekennings deur die staat word aangeraak in soverre hierdie toekennings in die toekoms aanleiding kan gee tot die vermenigvuldiging van botsings tussen grondeienaars en houers van regte op minerale. Tweedens word die tersake gemeenregtelike beginsels ter oplossing van die geskil uiteengesit. Die beginsels soos neergelê in word as vertrekpunt gebruik. Die wysiging van die gemeenregtelike beginsels deur wetgewing, soos die Mineraalwet 50 van 1991, word aangetoon. Die voortgesette toepassing van die gemeenregtelike beginsels in die huidige bedeling en die aanvulling daarvan deur die28 van 2004 (MPRDA) word uiteengesit. Die toepassing van die gemeenregtelike beginsels op oorgangsregte in word bespreek en dié bespreking dien ter stawing van die standpunt dat hierdie beginsels ook van toepassing is op nuwe regte wat ingevolge die MPRDA deur die staat toegeken word. Vanweë die afwesigheid in die Suid-Afrikaanse reg van 'n eis vir vergoeding vir skade wat deur mynbou veroorsaak is, word ter toeligting 'n Australiese voorbeeld van sodanige onafhanklike skadevergoedingseis verskaf. Ten slotte word die huidige reëls wat gemik is op die oplossing van geskille tussen eienaars van grond en houers van regte op minerale aangestip. Die behoefte vir regshervorming word ook aangeraak.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/2/EJC55384
2011-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error