1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - To what extent may the state regulate private property for environmental purposes? A comparative study

Volume 2011, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die omgewingsreg raak al hoe belangriker. Baie van die omgewingsbronne is egter in die hande van private individue. Dit dwing die staat om privaat eiendom te reguleer vir omgewingsdoeleindes. Die staat is gemagtig om dit te doen in soverre die vorm van regulering geoorloof, nodig en nie arbitrêr of onregverdig is nie. Regulering verwys na die gevalle waar die staat, deur middel van sy polisiëringsmagte, eiendomsreg beperk of 'n verlies van eiendomsreg veroorsaak, sonder dat die staat so 'n beperking of verlies hoef te vergoed. Die onderskeid is belangrik vir soverre dit die staat magtig om privaat eiendom te reguleer tot voordeel van die publiek, sonder om vergoeding te betaal.
In party jurisdiksies sal 'n ontneming van eiendom wat eiendomsreg streng beperk of vernietig sonder 'n formele oordrag van eiendomsreg na die staat, gesien word as 'n vorm van onteiening. Daarna word verwys as "konstruktiewe onteiening". Die grondwet het die debat laat ontstaan: behoort so 'n vorm van onteiening in Suid-Afrika erken te word? Dit is 'n pertinente vraag ook in die konteks van regulering van privaat eiendom vir omgewingsbewaringsdoeleindes. Die outeur bespreek in die artikel in watter mate die staat eiendom mag reguleer vir omgewingsdoeleindes. Dit word gedoen deur twee onlangse sake uit die Verenigde State van Amerika en Duitsland te bespreek om vas te stel of dit 'n riglyn vir Suid-Afrika kan wees. Daar word geargumenteer dat die Duitse roete waarskynlik die beste roete is. Dit is omdat die Suid-Afrikaanse grondwet vereis dat onteiening van eiendom moet geskied in terme van algemeen geldende reg, en omdat die meeste onteieningswette vergoeding voorsien. Indien wetgewing eiendom reguleer en nie vergoeding voorsien nie maar die effek het om een eienaar onregverdig te belas, dan kan iets soortgelyk aan die "equalisation payments" van die Duitsers oorweeg word. Indien wetgewing eienaars oor die algemeen onregverdig belas, kan dit ongrondwetlik verklaar word. Wanneer die grondwetlikheid van so 'n bepaling oorweeg word, moet die sosiale plig wat op eienaars rus in ag geneem word. Hierdie sosiale plig moet buigsaam genoeg wees om die verandering in die samelewing in ag te neem, veral in die konteks van omgewingsbewaring.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/3/EJC55401
2011-01-01
2017-08-22

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error