1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Eiendomsverwerwing of -verlies onder 'n tydsbepaling of 'n voorwaarde en die privaatregtelike implikasies vir onteiening (deel 1)

USD

 

Abstract

Regskonstruksies kan ten beste verstaan en verder ontwikkel word deur 'n konsekwente toepassing van geykte en vertroude definisies. Die wesensverskil tussen 'n voorwaarde en 'n tydsbepaling behoort bekend te wees, maar lewer van tyd tot tyd ruimte vir verwarring. Terwyl 'n voorwaarde altyd betrekking het op 'n toekomstige gebeure, hou 'n tydsbepaling verband met 'n toekomstige gebeure. In beide gevalle speel kennis van presies wanneer wat in die toekoms gaan gebeur, géén rol vir doeleindes van die onderskeid nie. Sowel 'n voorwaarde as 'n tydsbepaling kan opskortend of ontbindend formuleer word. In die geval van 'n opskortende voorwaarde word die intrede van die tersake regsgevolge uitgestel tot aanbreek van die onsekere toekomstige gebeure, terwyl by 'n ontbindende voorwaarde die beoogde regsgevolge sonder meer intree, maar die weeropheffing van die ingetrede gevolge afhanklik is van die plaasvind al dan nie van die onsekere toekomstige gebeure. Dieselfde onderskeiding kan gemaak word by tydsbepalings waar soms na die ontbindend werkende termynbepaling as 'n eindtermyn verwys word - die ingetrede gevolg eindig by afloop van die gestelde termyn.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/3/EJC55406
2011-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error