1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Verbeurdverklaring van voordele - welke voordele? : regspraak

USD

 

Abstract

Verbeurdverklaring van voordele binne die huweliksvermoënsreg kom by egskeiding, op uitsondering van huwelike met koue uitsluiting, ter sprake ten aansien van elke huweliksvermoënsregtelike bedeling want by elke ander huweliksvermoënsregtelike bedeling bestaan die moontlikheid dat die een party danksy die huweliksbedeling by beëindiging van die huwelik voordele mag geniet wat in der waarheid deur die ander party bygedra is. Trouens, juis omdat huweliksluiting met uitsondering van koue uitsluiting onder elke ander vermoënsregtelike bedeling dié element van 'n kanskontrak het dat een party meer as die ander mag bydra, word vir verbeurdverklaring voorsiening gemaak in daardie uitsonderlike omstandighede waar binne die raamwerk van die wet die bevoordeling van die nie-bydraer as dermate onbehoorlik geag word dat die egskeidingshof behoort in te gryp. Huweliksluiting en die gepaardgaande vermoënsregtelike gevolge daarvan is dus nooit 'n gewaarborgde wenkaartjie vir net een party soos by 'n kermis se tombolatafel nie (sien Pleysier "Iets over de natuurlijke verbintenis en de redelijkheid en billijkheid bij verdeling na echtscheiding" 1990 30-33).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55415
2011-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error