1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die hoogste hof van appèl smoor heilsame regsontwikkeling : regspraak

USD

 

Abstract

Die drukkersink was skaars droog op die bladsye van die eerste band van die 2011-uitgawe van hierdie regstydskrif waarin twee uitermate gunstige kommentare oor die uitspraak van die Wes-Kaapse hoë hof in (2010 1 SA 606 (WKK)) verskyn het (Scott "Middellike aanspreeklikheid van die staat vir misdadige polisie-optrede: die heilsame ontwikkeling duur voort" 2011 135-147 en Neethling "Vicarious liability of the state for rape by a police official" 2011 186-191), of die hoogste hof van appèl verras met 'n uitspraak waarin die betrokke minister se appèl teen die uitspraak van die hoë hof deur die meerderheid appèlregters gehandhaaf word. Die wyse waarop die hof verdeel was ('n skrale meerderheid van drie teen twee), verskaf 'n aanduiding dat die tersake onderwerp een is waaroor omstredenheid steeds heers. Die konstitusionele hof het duidelike leiding in die veelbesproke (2005 6 SA 419 (KH)) verskaf aangaande die strekwydte van die minister van veiligheid en sekuriteit se middellike aanspreeklikheid vir die delikte deur polisiebeamptes gepleeg, bepaaldelik wat betref gevalle waar misdadige lede van die polisiediens hulle aan verkragting (dit wil sê 'n opsetsmisdaad en -delik) skuldig gemaak het. Die reaksie op die K-saak was sowel positief (sien bv Du Plessis en Penfold "Bill of rights jurisprudence" 200548-51; Scott 2006 471; Neethling "Risk-creation and the vicarious liability of employers" 2007 527 535) as negatief (sien bv Fagan "The confusions of K" 2009 156; Wagener " and the increasingly blurred line between personal and vicarious liability" 2008 673).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55416
2011-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error