1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Regsaard van arbitrasieverrigtinge - geen verabsolutering van vertroulikheid nie : aantekeninge

USD

 

Abstract

Dit staan partye vry om ooreen te kom om 'n geskil wat in hul kontraktuele verhouding mag ontstaan by wyse van arbitrasie te besleg en dus uitdruklik te kies om nie van hul reg om toegang tot die howe gebruik te maak nie. Die feit dat arbitrasie dikwels deur partye verkies word omdat dit tot 'n snelle en kosteeffektiewe beslegting van geskille lei, is reeds deur die konstitusionele hof erken en daar is bevind dat die howe nie te vinnig met die arbitrasieproses moet inmeng nie aangesien dit maklik die doel van arbitrasie kan ondermyn ( 2009 4 SA 529 (KH) 599D-E). Arbitrasie word gewoonlik as 'n privaat aangeleentheid beskou, ofte wel 'n aangeleentheid wat nie in die openbare oog plaasvind nie. Die hoogste hof van appèl het ook al beslis dat indien partye die keuse ten gunste van arbitrasie uitoefen, hulle gewoonlik afstand doen van hul reg op 'n openbare verhoor ("[t]hey usually waive the right to a public hearing" - 2007 3 SA 266 (HHA) 291A). Dit is in ooreenstemming met die regspraak van die Europese hof vir menseregte in die verband. (Sien bv aansoeknr 28101/95 uitspraak van 27 Nov 1996; Briner en Von Schlabrendorff "Article 6 of the European Convention on Human Rights and its bearing upon international arbitration" in Briner, Fortier, Berger en Bredow (reds) (2001) 89 98 en die uitvoerige gesag daar aangehaal.) In (2002 EWCA Civ 405; 2002 1 WLR 2397) het die Engelse daardie beslissings van die Europese hof bevestig. Die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof verskil egter in sy benadering van die voorgaande agterliggende beginsel en is van mening dat die partye bloot gekies het om nie hul reg ingevolge artikel 34 van die grondwet uit te oefen nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55419
2011-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error