1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The and cases : resurrecting the of British imperial law

USD

 

Abstract


Die kolonisasie deur Europese state van lande reeds deur inheemse groepe bevolk, het heelwat probleme vir die koloniale magte en hul opvolgers geskep. Hoe moes die verwagtings van die inheemse groepe met die van die koloniale heersers versoen word? Hierdie aangeleentheid is in 1992 deur die hooggeregshof van Australië en in 1993 deur die hoogste hof van appèl van Suid-Afrika met die - en die - beslissings aangespreek.
Hierdie twee beslissings is van die mees beduidende en omstrede beslissings in die Australiese en Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis. Nie alleen het beide howe die toepassing van dieleerstuk op Australië en die Richtersveld verwerp nie, maar het ook bevind dat sg inheemse titel op grond die Britse kroon se soewereiniteitsoorname van Australië en die Britse anneksasie van die Richtersveld (wat later deel van die Kaapkolonie geword het) oorleef het. Beide howe se uitgangspunt was dat as Brittanje 'n gebied verower het, dan het die reg van die verowerde gebied bly voortbestaan totdat die veroweraar dit verander het. Hierdie beginsel van die Britse staatsreg is gevestig met die Engelse beslissings7 Coke's Reports 1 en 1774 1 Cowper 204 en albei howe het hul daarmee vereenselwig.
Albei howe het egter weinig, indien enige, motivering aangebied vir hul siening dat die beginsels neergelê in en steeds in die een-en-twintigste eeu toepassing vind. Die howe se benadering wat hierdie punt betref is lukraak en uiters oppervlakkig uiteengesit. Alhoewel met hierdie uitgangspunt van die twee howe saamgestem word, sou 'n meer deurdagte en breedvoerige uiteensetting deur die howe van hul siening in die uitsprake verwag word, veral gesien die kontroversiële aard van die twee beslissings en die gevolge wat die twee beslissings vir Australië en Suid-Afrika inhou. Beide uitsprake laat, met respek, 'n leemte. Die doel van die artikel is om te poog om hierdie leemte te vul en die howe se uitgangspunt meer breedvoerig te verwoord en juridies 'n meer omvangryke basis te gee. Die geskiedenis en ontwikkeling van die Britse staatsregtelike beginsels met betrekking tot die (plaaslike reg) van verowerde gebiede word aangeraak. Daar word ook gewys op die praktiese toepassing van die-beginsel in verskeie vorige Britse koloniale gebiede soos die Karibiese Eilande, Wes-Afrika en Indië. Alhoewel Australië en Suid-Afrika konstitusioneel verskillend ontwikkel het, is die juridiese uitgangspunt betreffende sg inheemse titel op grond dieselfde.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55420
2011-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error