1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Corporate criminal liability in South Africa : time for change? (part 2)

USD

 

Abstract


Die unieke eienskappe van regspersone noodsaak die aanpassing van sekere tradisionele beginsels van die strafreg, byvoorbeeld ten opsigte van handeling en skuld, ten einde toepassing in die korporatiewe konteks moontlik te maak. Korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid word in Suid-Afrika hoofsaaklik deur artikel 332 van die Strafproseswet 51 van 1977 gereguleer. Artikel 332(1) bepaal dat 'n regspersoon middellik aanspreeklik gehou kan word vir misdrywe wat deur hul direkteure of dienaars gepleeg word by die uitoefening van hul bevoegdhede of uitvoering van hul pligte of ter bevordering of beoogde bevordering van die belange van die regspersoon. Voordat hierdie bepaling in oënskou geneem word, word die hoofbenaderings tot korporatiewe strafregtelike aanspreeklikheid teen die agtergrond van teorieë van regspersoonlikheid uiteengesit.
Afgeleide aanspreeklikheid, hetsy gegrond op die identifikasieleerstuk of op middellike aanspreeklikheid, word aan die fiksieteorie ontleen terwyl die realiteitsteorie regverdiging bied vir die organisatoriese benadering tot korporatiewe skuld. 'n Organisatoriese benadering hou in dat 'n regspersoon se beleid, prosedures en praktyke, of die gebrek daaraan, in ag geneem word ten einde egte organisatoriese skuld daar te stel. Die teoretiese samehang tussen die beskouing van regspersoonlikheid en die benadering tot strafregtelike aanspreeklikheid sluit egter nie die pragmatiese kombinasie van afgeleide en organisatoriese aanspreeklikheid in 'n enkele jurisdiksie uit nie. 'n Ontleding van artikel 332(1) wys verskeie onsekerhede en tekortkominge uit, aanduidend van praktiese probleme sowel as die moontlike ongrondwetlikheid van die bepaling.
Ten einde 'n moontlike grondslag vir die hervorming van artikel 332(1) te identifiseer, word 'n vergelykende oorsig van die benaderings in die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje, die Verenigde State van Amerika en Australië ingesluit. Hoewel afgeleide aanspreeklikheid ingevolge die identifikasieleerstuk as uitgangspunt gebruik word in die Verenigde Koninkryk, berus aanspreeklikheid ingevolge die op organisatoriese skuld en die erken verwere gegrond op korporatiewe noulettendheid. In die VSA, waar middellike aanspreeklikheid die grondslag is, word korporatiewe kultuur nogtans ingevolge federale riglyne as 'n faktor by vonnisoplegging in ag geneem. In Australië word strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone op "egte" korporatiewe skuld gebaseer. Hierdie holistiese organisatoriese benadering bied die beste voorbeeld vir die hervorming van die Suid-Afrikaanse reg. Dit kan vrugbaar aangevul word deur die formulering van riglyne waarvolgens regspersone effektiewe nakomings- en etiese programme kan implementeer. Die idee van goeie korporatiewe burgerskap en korporatiewe kultuur kom reeds in King III na vore en word pertinent ondersteun deur die vereistes ten opsigte van sosiale en etiese komitees in die Maatskappywet.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55422
2011-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error