1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Who needs a park or a city square? The notion of public real estate as

USD

 

Abstract


Die doel van hierdie artikel is om te bepaal hoe die Romeinse verskynsel van , naamlik sake wat aan die staat behoort maar bestem is om die publiek te dien, vandag aangewend word in die moderne regstelsels van Frankryk, Duitsland en Pole. Grond is deur die eeue gebruik om meer as een doel te verwesenlik en nie net om die private behoeftes van enkele individue te bevredig nie. Die Grieke en Romeine het reeds die waarde en voordele wat publieke paaie, markpleine, teaters en publieke parke vir private eiendomsreg inhou, beklemtoon en hierdie opvatting het die verloop van tyd oorleef. In die moderne tyd verdien die verskynsel van ruimtes wat vir publieke gebruik afgesonder word, noukeurige ondersoek op verskeie vlakke. Dit is nodig om te bepaal watter kenmerke aan 'n bepaalde grondstuk 'n publieke karakter verleen.
Hierdie artikel gee 'n uitvoerige uiteensetting van die funksie en kenmerke van die Romeinse begrip (publieke ruimtes) en hoe die verskynsel in die middeleeue voortgeleef het en uiteindelik in die moderne Franse, Duitse en Poolse regstelsels neerslag gevind het. Hierdie regstelsels is vir die regsvergelykende ondersoek gekies vanweë die verskillende benaderings wat in elkeen ten opsigte van hierdie verskynsel gevolg word. Die Poolse reg is veral interessant omdat dit kenmerke van sowel die Franse en Duitse begrip oorgeneem het en 'n voorbeeld is van 'n regstelsel van 'n gemeenskap wat sigself van 'n kommunistiese ideologie en staatsbeplande ekonomie bevry het om 'n aanhanger te word van 'n Westerse liberale ideologie en 'n kapitalistiese vryemark stelsel.
Die outeur kom tot die slotsom dat grond wat vir publieke gebruik bestem is en die publieke eiendomsreg van sodanige grond, nie beskou moet word as 'n verskynsel wat daarop gerig is om private eiendomsreg van grond uit te sluit nie, maar eerder 'n verskynsel is wat poog om private eiendomsreg van grond aan te vul en te verryk in 'n regstelsel wat gebaseer is op private eiendomsreg en 'n liberale samelewing. Die Romeinse verskynsel van grond wat die publiek dien wat later verbind is met die verskynsel van publieke eiendomsreg, was nie 'n toevallige verskynsel nie, maar veranker in 'n noukeurige waarneming van hoe 'n samelewing en sosiale gemeenskappe funksioneer. Die begrip private grond en private eiendomsreg kan nie behoorlik funksioneer indien daar nie in sommige gevalle stappe gedoen word om die estetiese en sosiale behoeftes van die publiek aan toeganklike ruimtes te bevredig nie. Daarom is daar selfs in post-kommunistiese state wat moeg is vir staatseiendom nog ruimte vir en 'n behoefte aan grond wat vir publieke gebruik geoormerk word onderhewig aan die voorwaarde dat die balans tussen private en publieke eiendomsreg steeds versigtig beheer moet word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2011/4/EJC55425
2011-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error