1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Staatseffekte, en onverwagte implikasies : aantekeninge

USD

 

Abstract

Die huidige finansiële krisis onder andere in die Eurogebied laat opnuut die klem val op die belang van staatseffekte in die verkryging van finansiering vir die staat en die potensiële reddingsmoontlikhede wat 'n uitgifte van onder andere moontlike Euro-effekte vir die finansiële posisie in die Eurogebied mag inhou. (Let egter op die teenstand van Duitsland met betrekking tot veral die uitreiking van effekte wat in Euro gedenomineer is en deur die Europese Sentrale Bank uitgereik sou kon word - Fiene "Eurobonds: Merkels Dilemma - Deutschlands Rolle in der Schuldenkrise" http://www.heute.de/ZDFheute/ inhalt/0/0,3672,8383200,00.html (23-11-2011); "Staatsbon krijgt vervolg in 2012" (13-12-2011) 07.) Byna op dieselfde uur word egter ook bekend gemaak dat die Europese Sentrale Bank self minder staatseffekte gaan aankoop met onder andere die motivering dat daar eerder 'n groter bewustheid by die eie burgery van 'n bepaalde staat gekweek moet word sodat hulle die omvang en intensiteit van die krisis beter kan begryp en kan insien welke maatreëls noodsaaklik is om uit die onbevredigende situasie te probeer kom ("Europese Centrale Bank koopt opvallend minder staatspapier" (13-12-2011) 08).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/1/EJC55437
2012-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error