1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Towards a South African understanding of social justice : the International Labour Organisation perspective

USD

 

Abstract


Maatskaplike geregtigheid as 'n doelwit van die grondwet en die Wet op Arbeidsverhoudinge beklee 'n sentrale plek in die Suid-Afrikaanse regswetenskap. Maatskaplike geregtigheid is steeds nie bereik nie, maar moet bereik word deur hervormingsprosesse. Die term dien slegs as 'n instrument van ideologiese intimidasie. Tog is dit moontlik om inhoud aan hierdie konsep te gee deur middel van 'n proses van regsvergelykende uitleg.
Die Internasionale Arbeidsorganisasie is gestig ter bereiking van maatskaplike geregtigheid om sodoende oorlog en revolusie te voorkom. Die bereiking van maatskaplike geregtigheid is dus 'n gemeenskaplike doel van beide die organisasie en van Suid-Afrika. Vervolgens word die ontwikkeling van die konsep binne die organisasie ondersoek deur te kyk na die vier belangrikste instrumente daarvan: die grondwet van 1919 (Deel XIII van die Verdrag van Versailles); die Verklaring van Philadelphia, 1944; die Verklaring oor Fundamentele Beginsels en Regte in die Werksplek, 1998 en die Verklaring oor Maatskaplike Geregtigheid vir 'n Billike Globalisering, 2008.
Hierdie instrumente sit die beginsels (internasionale arbeidstandaarde) uiteen wat volgens die organisasie deur lidstate nagestreef moet word ten einde die state asook die organisasie in staat te stel om die fundamentele doelwit van maatskaplike geregtigheid te bereik. Die eerste instrument is gebore vanuit die Eerste Wêreldoorlog, die tweede vanuit die Tweede Wêreldoorlog en die derde en vierde vanuit die druk van sekere lidstate tot die Wêreld Handelsorganisasie om 'n arbeidsdimensie tot dié organisasie toe te voeg in die lig van globaliseringskragte. Gedurende die bestaan van die Internasionale Arbeidsorganisasie is die internasionale arbeidstandaarde dus in reaksie tot veranderende politieke en ekonomiese omstandighede geherformuleer en sommige standaarde uitgelig as fundamenteel ten einde die organisasie in staat te stel om sy doelwit te bereik. In die huidige formulering (soos uiteengesit in die derde en vierde instrument hierbo na verwys) word vryheid van assosiasie en vrye kollektiewe bedinging, die verwydering van gedwonge arbeid, die afskaffing van kinderarbeid en die verwydering van diskriminasie uitgehef as fundamentele regte.
Die organisasie het ook die sogenaamde agenda aangeneem waarvolgens werkskepping, die ontwikkeling en verbetering van maatskaplike beskerming (dit is maatskaplike sekuriteit en arbeidsbeskerming), bevordering van sosiale dialoogvoering asook die bevordering van die vier fundamentele beginsels hierbo genoem nagestreef moet word.
Nuwe politieke en ekonomiese uitdagings asook die toenemende druk van globalisasie sal die organisasie ongetwyfeld noodsaak om weereens in die toekoms sy beginsels te herformuleer en ander as fundamenteel uit te lig ten einde die organisasie in staat te stel om suksesvol te streef na die verkryging van maatskaplike geregtigheid.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/1/EJC55439
2012-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error