1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Policy and judicial review - political questions, margins of appreciation and the South African constitution

USD

 

Abstract


Tydens 'n spesiale sitting van die Suid-Afrikaanse parlement op 1 November 2011, waartydens afskeid geneem is van die uittredende hoofregter en die nuwe hoofregter verwelkom is, het president Zuma sekere stellings oor beleidsvorming deur die uitvoerende gesag binne 'n stelsel van skeiding van magte gemaak. Drie van die stellings word in hierdie artikel ondersoek: (a) Die onderskeid tussen die verantwoordelikhede van die regbank en die ander owerheidsorgane ten opsigte van die maak en implementering van beleid is onduidelik. (b) Om die howe te ondersteun en hulle toe te laat om hulle werk te doen, behoort politieke geskille op politieke vlak opgelos te word. (c) Die uitvoerende gesag moet in staat wees om sy administrasie en beleidmaking so vryelik moontlik te doen. Stellings (b) en (c) word ondersoek teen die agtergrond van onderskeidelik die Amerikaanse -leerstuk en die Wes-Europese -leerstuk.
Die gevolgtrekking wat bereik word, kan soos volg saamgevat word: (a) Die konstitusionele hof het in (2009 2 BCLR 136 (KH), 2009 1 SA 287 (KH) par 43) beslis dat beleid en die maak daarvan vóór implementering nie beregbaar is nie, tensy daar omstandighede is wat daarop dui dat die implementering onafwendbaar is en dat die implementering onherstelbare nadeel sal meebring (par 2). (b) In beginsel behartig die wetgewer en die uitvoerende gesag beleid en nie die howe nie. Dit sou egter onraadsaam wees om beleid slegs aan die hand van "politiek" te ontwikkel en om nie deeglik rekening te hou met die grondwetlikheid van die inhoud en die implementering daarvan nie (par 2). (c) 'n Leerstuk waarvolgens politieke kwessies buite die veld van geregtelike kontrole geplaas word, is ongrondwetlik ingevolge artikels 2 en 172(2)(a) van die grondwet. Dit kan ook nie werk nie want die inhoud van regsreëls word meestal bepaal deur politieke aktiwiteite, in enige sin van die woord en oral waar owerheidgesag uitgeoefen word (par 3). Hierdie toedrag van sake kan egter nooit beteken dat die oppergesag van die grondwet en geregtelike kontrole soos verskans in die grondwet gekwalifiseer kan word om politiek ongehinderd haar onnaspeurbare gang te laat gaan nie. (d) Die grondwet verleen aan die uitvoerende gesag voldoende vryheid, "margins of appreciation" en diskresie om beleid te bepaal en te implementeer, maar hierdie vryheid word grondwetlik beperk en die uitoefening daarvan is onderworpe aan geregtelike kontrole.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/1/EJC55443
2012-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error