1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die beskerming van die persoonlikheidsreg op identiteit teen kommersiële uitbuiting
2011-06-17 saaknr 31871/2008 (GSJ); 2010 4 All SA 548 (WKK) : regspraak

USD

 

Abstract

Die toonaangewende beslissing van die hoogste hof van appèl in (2007 4 SA 89 (HHA)) het die erkenning en beskerming van die reg op identiteit as persoonlikheidsreg in ons reg onomwonde bevestig (sien Roos "The right to identity recognised for the first time by the supreme court of appeal" 2008 515 ev; Cornelius "Die reg op identiteit en die kommersiële ontginning van die individu se openbare beeld" 2008 645 ev; Neethling "Die hoogste hof van appèl verleen erkenning aan die reg op identiteit as persoonlikheids- en fundamentele reg" 2007 834 ev; Loubser, Midgley (2010) 55-56 325-327). Die hof aanvaar ook die omskrywing van identiteit (sien Neethling (1998) 44-45) as daardie uniekheid wat 'n persoon as 'n bepaalde individu identifiseer en hom sodoende van andere onderskei en wat sigself manifesteer in verskeie eienskappe waaraan 'n persoon herken kan word, soos sy naam of ewebeeld (sien die -saak 93). Identiteit word geskend deur die vervalsing of wanvoorstelling van 'n persoon se persoonlikheidsbeeld, of deur die misbruik van identiteitskenmerke vir kommersiële doeleindes, alhoewel oorvleueling tussen hierdie twee wyses van skending ook kan voorkom (sien die -saak 88 95-96; sien ook Neethling "'n Vergelyking tussen die individuele en korporatiewe persoonlikheidsreg op identiteit" 2011 62 64; Neethling en Potgieter (2010) 370).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/2/EJC120605
2012-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error