1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die samehang van die reg op gesin - of ouerlike sorg en die reg op toegang tot die howe
2012 4 BCLR 329 (KH) : regspraak

USD

 

Abstract

In hierdie saak is die uitvoerige voorskrifte in die Kinderwet 38 van 2005 oor die verwydering van kinders uit ouerlike sorg aangevul met reëls dat die verwydering outomaties voor die einde van die hofdag wat volg op die verwydering deur 'n kinderhof in die teenwoordigheid van die kinders en hulle ouers, voogde of versorgers hersien moet word. (Verwysings na die Kinderwet is na die Afrikaanse vertaling deur die Vereniging van Regslui vir Afrikaans http://www.vra.co.za./uploads/Kinderwet-Nr-38-van-2005-.pdf (2/4/2012).) Uit die verskillende konstruksies in die verskillende uitsprake om die inhoud en beperkings van die reg op gesin- en ouerlike sorg te bepaal, blyk dat daar onduidelikheid bestaan oor die samehang tussen hierdie reg en die reg op toegang tot die howe. Die onduidelikheid word nie noodwendig opgelos deur te redeneer dat die hoofuitspraak in die toekoms in hierdie verband gevolg moet word nie. In die instemmende uitspraak waarin 'n alternatiewe benadering gevolg is, is die bevindinge en die bevel in die hoofuitspraak ongekwalifiseerd gesteun. Uit 'n suiwer praktiese oogpunt beskou, kan die verskille selfs moontlik "akademies" genoem word. Daar sou egter geargumenteer kon word dat indien alternatiewe benaderings in verskillende uitsprake tot dieselfde gevolgtrekkings lei, die meerderheidsbenadering nie noodwendig as "die bindende" aanvaar hoef te word nie. "Akademiese" bydraes om die hof te help om onduidelikhede op te klaar, is daarom waarskynlik nie onvanpas nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/3/EJC123518
2012-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error