1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Killing in defence of property : a constitutional approach

USD

 

Abstract


In terme van die gemenereg is die doding van 'n aanvaller ter beskerming van eiendomsreg nie noodwendig onregmatig nie. Een van die tradisionele vereistes vir die verweer van noodweer is eweredigheid tussen die aanval en die afweerhandeling. In is deur die appèlhof beslis dat die ewewig tussen lewe en eiendom 'n onoortuigende grondslag skep vir 'n algemene uitsondering op die eweredigheidsbeginsel. Hoekom moet 'n dader wat geregtig is om sy eiendom te beskerm noodwendig beskou word as die persoon wat onregmatig optree, indien hy dodelike geweld gebruik eerder as om sy regte op te offer? Hierdie uitspraak is wyd gekritiseer in die lig van die verskanste grondwetlike reg tot lewe. Met betrekking tot die eweredigheidsvereiste wil dit voorkom asof ingevolge die grondwetlike beginsels die reg tot lewe swaarder weeg as die reg op eiendom.
Die artikel ondersoek die teorieë onderliggend tot doodslag ter beskerming van eiendomsreg as 'n vorm van noodweer. Om te besluit of die gebruik van dodelike geweld hier moreel regverdigbaar kan wees, word twee aspekte aangespreek. Eerstens, moet eiendomsbeskermende dodelike geweld eweredig wees tot 'n redelik waarneembare bedreiging ten einde geregverdig te wees? Tweedens, indien die antwoord positief is, word gevra of die gebruik van dodelike geweld geregverdig is.
Die skrywer argumenteer dat die outonomie-teorie, wat reeds 'n mate van proporsionaliteit insluit, die mees relevante is. 'n Kollektiewe benadering behoort gevolg te word. Die klem moet nie alleen val op die verdediger se lewe óf sy eiendom nie, maar ook op die risiko wat die inbreukmaking op sy waardigheid en privaatheid inhou. Daar is 'n hoë voorkoms van geweldsmisdade in Suid-Afrika. Dit is redelik om te vermoed dat die onregmatige optrede van die aanvaller ook 'n dreigement vir fisiese integriteit sal inhou. Die gebruik van dodelike geweld behoort dus regmatig te wees indien beide die eiendom en die persoon bedreig word. Hierdie benadering word gevolg in die Verdrag van Rome en is in ooreenstemming met enkele hofbeslissings waar die reg tot lewe en die reg op eiendom verbind word. Alhoewel die reg tot lewe nie direk aangespreek word in die uitsprake nie, behoort dit in aanmerking geneem te word. 'n Finansiële verlies het ook 'n impak op die slagoffer se waardigheid, menswaardigheid en kwaliteit van lewe.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/3/EJC123523
2012-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error