1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The international law relating to belligerent occupation at the advent of the twenty-first century

USD

 

Abstract


Die 1949 Geneefse Konvensie met betrekking tot die Beskerming van Burgerlike Persone in Tyd van Oorlog (Geneefse Konvensie IV) aangevul deur Protokolle I en II (1977) en die Den Haagse Konvensie met betrekking tot die Reg en Gebruik van Oorlog op Land 1907 bepaal die verpligtinge op 'n staat wat 'n ander staat of 'n deel van laasgenoemde se grondgebied as gevolg van oorlog beset.
Eersgenoemde is sestig jaar gelede opgestel en laasgenoemde 'n eeu gelede. Die vraag ontstaan of hierdie twee verdrae steeds in die modern tydvak toepassing vind en indien wel waar en wanneer?
Die artikel poog om 'n historiese beeld te gee van die internasionale reg met betrekking tot oorlogvoerende besetting en verder om die huidige praktyk van state rakende oorlogvoerende besetting uiteen te sit.
Gesien die belangrikheid van bogenoemde verdrae word die betrokke verdrae ontleed en hul moderne toepassing uitgewys. Daarbenewens word relevante toepaslike internasionale gewoontereg uitgespel.
Die internasionale geregshof en Verenigde Nasies se sienings word vervolgens ontleed met besprekings van eersgenoemde se adviserende opinie rakende die oprigting van die "Muur" in die besette Westelike Oewer (2003), die beslissing oor gewapende bedrywighede op die grondgebied van die Demokratiese Republiek van die Kongo (2005) en laasgenoemde se Veiligheidsraad Resolusie 1483 (2003).
Verdere verbandhoudende beslissings van internasionale tribunale en Verenigde Nasies resolusies word ook ontleed.
Die geval van Israel se besetting van die Westelike Oewer van die Jordaanrivier en die Gazastrook word in diepte omskryf. Die rede hiervoor is dat Israel die enigste staat is na die Tweede Wêreldoorlog wat erken dat hy hierdie gebiede onder oorlogvoerende besetting bestuur en dat hy hom aan die internasionale regsreëls met betrekking tot oorlogvoerende besetting neerlê.
Israel se optredes in hierdie besette gebiede is derhalwe die enigste voorbeeld van staatspraktyk waarna tans verwys kan word daar Israel die enigste staat is wat erken dat die reëls van oorlogvoerende besetting op hom van toepassing is. Ander state wat gebiede militêr beset ontken eenvoudig dat die relevante reëls op hul van toepassing is en ontsnap op daardie manier hul onderwerping aan die toepaslike internasionale regsreëls met betrekking tot oorlogvoerende besetting. Hierdie situasie is onhoudbaar en verg dringend heroorweging van die toepassing van die reëls rakende oorlogvoerende besetting. Die artikel poog om 'n voorstel in hierdie verband te doen.
Nuwe ontwikkelings in die internasionale reg soos die aandrang op menseregte, die reg op selfbeskikking en die verbod teen kolonialisme kan 'n belangrike rol by die moderne toepassing van die reëls met betrekking tot oorlogvoerende besetting speel en word in die artikel aangespreek.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/3/EJC123525
2012-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error