1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Vaardighedewerkboek vir Regstudente / Skills Workbook for Law Students, A. Kok, A. Nienaber & F Viljoen : boekbesprekings

USD

 

Abstract

Hierdie boek is die tweede uitgawe van die outeurs se . Die eerste uitgawe het in 2002 verskyn. Die boek is beskikbaar in Afrikaans en Engels. Die publikasie verskaf aan eerstejaarregstudente 'n inleiding tot praktiese aspekte van die reg en word uitgegee met 'n CD-ROM wat praktiese voorbeelde en oefeninge bevat. Die skryfstyl en uitleg van die handboek is gebruikersvriendelik vir die teikenmark, naamlik studente wat vir die eerste keer met die reg te doen kry. Die dek aspekte soos studievaardighede, rekenaarvaardighede, navorsingsvaardighede en lees- en skryfvaardighede. Hierdie handboek vul Kleyn en Viljoen se aan, waar die hoofsaaklik die teorie behandel. Wat hierdie uitgawe van ander soortgelyke publikasies onderskei, is eerstens dat dit in Afrikaans en Engels beskikbaar is, alhoewel die meeste oefeninge slegs in Engels is. Die CD-ROM sluit bykomstige studiemateriaal in. Hierdie CD-ROM bevat 'n verskeidenheid oefeninge wat die studente in staat stel om die vaardighede te bemeester. Die oefeninge op die CD-ROM kan in tutorklasse gebruik word om probleem-gebaseerde lesings aan te bied en studente kan die oefeninge gebruik om vir toetse en eksamens voor te berei. Dosente kan wel die boek aanpas om aan hulle eie behoeftes te voldoen. Studente in die eerstejaar sal meer baat vind met geïntegreerde voorbeelde, aangesien die doel van die vaardigheid dan meer waarde sal hê. Die boek poog om eerstejaarstudente se lees- en skryfvaardighede en analitiese denke te bevorder.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127038
2012-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error