1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Vooroorlye van begunstigde in lewensversekeringskontrak - die hoogste hof van appèl beslis : regspraak

USD

 

Abstract

Een van die moeilikste en moontlik een van die mees kontensieuse onderwerpe in die reg is sekerlik bedinge ten behoewe van derdes (sien die uitvoerige bespreking van hierdie regsfiguur deur Sonnekus "Enkele opmerkings om die beding ten behoewe van 'n derde" 1999 594). Aangesien 'n begunstigingsaanwysing in lewensversekeringskontrakte in ons reg as sodanige beding beskou word, speel hierdie komplekse regsfiguur ook by versekeringskontrakte 'n rol met bykomende kompliserende faktore. Tereg geld die spreuk hier: soveel hoofde, soveel sinne. Bovermelde uitspraak handel oor die regsposisie by 'n begunstigingsaanwysing vir die opbrengs in 'n lewensversekeringspolis waar die begunstigde voor die polishouer sterf. Om die regsposisie te bepaal, moes die hoogste hof van appèl standpunt inneem oor die aard van die reg wat 'n begunstigde uit sodanige aanwysing kry, met ander woorde, oor die aard van die derde se reg in hierdie soort bedinge ten behoewe van derdes. Die uitspraak is reeds met goedkeuring, ten spyte van voorbehoude, bespreek (sien Reinecke "Nomination of a beneficiary in a life policy and the effect of the prior death of the beneficiary" 2012 355). Ook na my mening is hierdie uitspraak reg beslis en die vraag ontstaan dus waarom 'n verdere bespreking van die saak geregverdig is. My oogmerk met hierdie bespreking is om baie kortliks die feite en ratio van die uitspraak weer te gee en dan Reinecke se bespreking van die uitspraak te evalueer in die lig van my siening van hierdie soort begunstigingsaanwysings (sien Scott "Begunstigingsaanwysings en sessie in lewensversekeringskontrakte" 2002 , 766; "Cession of whole life insurance rights" 2003 Stell LR 89; "Begunstigingsaanwysings en sessie van regte ingevolge lewensversekeringspolisse - Wat elke testateur en eksekuteur moet weet" 2005 110; en "Once more beneficiary appointments and security cessions: " 2007 517). Daarna maak ek enkele opmerkings oor die bronne van die reg, die interaksie tussen die howe en akademici en die belang van regsnavorsing vir voortgesette regsontwikkeling.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127044
2012-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error