1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The correlation between the requirements for and content of a real agreement and meaningful real security rights in a financial crisis : artikel

USD

 

Abstract


Die finansiële krisisse wat die noemenswaardige ekonomieë teister sedert die Lehman Brothers-sage die instorting van menige papier koninkryk veroorsaak het omdat kredietgewers te laat met ontnugtering moes merk dat daar geen inhoudelike saaklike sekerheid was vir die vermeend versekerde krediete wat verskaf is nie, noop tot 'n herevaluering van die tersake grondbeginsels van die sakereg. In hierdie bydrae word krities gelet op die inkleding van die saaklike ooreenkoms wat die vestiging van iedere saaklike sekerheidsreg as beperkte saaklike reg onderlê. Die juiste beklemtoning van die saaklike ooreenkoms as onontbeerlike vereiste vir die vestiging van 'n saaklike reg op 'n afgeleide wyse deur die uitsprake van die hoogste hof van appèl ná die -saak (2010 1 SA 35 (HHA)), veronderstel dat ook inhoud gegee word aan die wilsooreenstemming wat die saaklike ooreenkoms daarstel.
Indien enige van die partye subjektief weet dat hy nie regtens relevant kan bedoel om die bepaalde saaklike reg oor te dra nie omdat hy hetsy nie die nodige beskikkingsbevoegdheid het nie of reeds met 'n ander party in 'n regtens relevante saaklike ooreenkoms ooreengekom het om die saaklike reg oor te dra, kom geen saaklike ooreenkoms tot stand nie. Dit mag wees dat die teenparty as misleide hom kan beroep op regsremedies waaronder ook die verweer van estoppel maar dit verander aan die onderliggende regsposisie niks - geen saaklike reg word deur daardie ooreenkoms oorgedra nie en die vermeende sekerheidsreghebbende het nooit 'n beperkte saaklike sekerheidsreg verwerf nie.
Die saaklike ooreenkoms veronderstel dat beide partye is oor die objek van die saaklike reg. Geen saaklike reg kan in kammaland verwerf word op virtuele sake nie en enige vermeende sekerheidsreg wat op die wyse bekom is, is niks meer as 'n kamma-sekerheid nie. Dit bied geen versekerde verhaal by betalingsprobleme met betrekking tot die onderliggende betalingsverpligting van die kredietnemer nie. As die vermeende sekerheidsnemer in werklikheid geen idee het van diewerklike saak as objek van die saaklike sekerheidsreg nie, kan hy ook geen waardevoorstelling hê waaraan die reg enige gevolge kan heg nie. Juis in die sfeer van saaklike sekerheidsregte is sekerheid gebou op werklikhede van deurslaggewende belang en moet enige skyn vermy word - ook al mag die virtuele wêreld nog so rooskleurig uitsien.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127051
2012-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error