1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The end of the road for the Roman rule of risk in sale? : artikel

USD

 

Abstract


Die Romeinse risikoreël in die verkoopsreg - - het 'n lang geskiedenis in die Suid-Afrikaanse gemenereg. Die artikel begin met 'n ontleding van die reël soos dit in die Suid-Afrikaanse gemenereg ontwikkel het tot en met die jongste beslissing van die hoogste hof van appèl in in 2010. Daarvolgens word die verskeie redes vir die lang lewensduur van die reël soos dit deur verskeie kommentators geïdentifiseer is, veral Van den Bergh, ondersoek. Daarna word die veranderinge aan die reël wat deur die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 teweeg gebring is ontleed met verwysing na die feit dat die risiko in 'n verkoopskontrak waar die wetgewing van toepassing is, vervolgens van die verkoper na die koper oorgedra word wanneer die afgelewer word en nie, soos in die gemenereg, wanneer die verkoopskontrak is nie. Die relevante artikel van die wet is nie 'n model van wetgewing nie en vereis sorgvuldige interpretasie. Die effek van die statutêre bepaling op die reël met betrekking tot voordele - die korrelatief van die risikoreël - word ook ondersoek. Die res van die artikel oorweeg wat die effek van die wet op die risikoreël behoort te wees, gegewe die feit dat die wet nie van toepassing is op alle koopkontrakte nie.
Eerstens word die rol en doel van die in die kontraktereg in die algemeen in oënskou geneem om 'n grondslag te lê vir die hersiening van die risikoreël. Daarna word die probleme met die klassieke posisie aangedui. 'n Belangrike deel van die artikel beskou die risikoposisie soos dit gevind word in vergelykbare regstelsels, in beide gemenereg- en sivielregtelike regsgebiede, en in verskeie internasionale instrumente, soos die CISG, die DCFR en die voorgestelde Europese Gesamentlike Verkoopsreg. Die moderne posisie is deurgaans teen die Romeinse formulering.
Dit word uiteindelik aangevoer dat, wanneer die moeilike geskiedenis van die reël, die algemene stand van die reël in vergelykbare regstelsels, en die belange van redelikheid, regverdigheid en eenparigheid in ag geneem word, die risikoreël in die gemenereg moet verander om te strook met die wet en standaarde in vergelykbare regstelsels.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2012/4/EJC127052
2012-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error