1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Bêrekope en die : aantekening

USD

 

Abstract

Meer as drie dekades gelede is die bêrekoopkontrak vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse regsliteratuur ondersoek en beskryf (Otto "Bêrekoop" 1980 248). Die aard van die kontrak is bespreek asook die regulasies wat toe pas afgekondig is om bêrekope te reguleer. Die regulasies is afgekondig kragtens die destydse Wet op Prysbeheer 25 van 1964 en het gegeld totdat die 68 van 2008 in werking getree het. (Die regulasies was vervat in R1234 in SK 7068 (13-06-1980) soos gewysig deur R1814 (29-08-1980).) 'n Dekade later het 'n navorsingskomitee werk vir die Suid-Afrikaanse regskommissie onderneem wat onder andere navorsing oor die bêrekoopkontrak ingesluit het (projek 67 van die regskommissie). Die navorsingskomitee (bestaande uit Otto en Grové, geadviseer deur Malan) het 'n verslag aan die regskommissie gelewer wat gepubliseer is ( Werkstuk 46 (1993)). Vir doeleindes van die verslag aan die regskommissie is sekere wetgewing in Australië en Nieu-Seeland geraadpleeg (die 80 van 1971 van Nieu-Seeland, die 9 van 1963 van die Australiese en die 36 van 1943 van Nieu-Suid-Wallis). Daarbenewens is 'n verslag in Nieu-Seeland bestudeer ( (1969). Daar is ook by wyse van vraelyste marknavorsing gedoen vir doeleindes van die verslag aan die regskommissie. Die navorsingskomitee het 'n Konsepwet op Bêrekope voorgestel wat uit 28 artikels bestaan het (528-547 van Werkstuk 46) sowel as verklarende aantekeninge op die konsepwet (394-402). Van hierdie voorstelle het dadels gekom. Die navorsing wat in die proses onderneem is, het egter wel tot 'n verdere publikasie gelei (Otto "Bêrekoop: 'n dekade later" 1992 71). Daarna het daar vir baie jare niks nuuts op hierdie terrein gebeur nie en is daar oënskynlik ook nie weer enigsins indringend daaroor geskryf nie (Van Eeden (2009) 129 verwys bv net na Otto 1980 248).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/1/EJC130606
2013-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error