1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Some thoughts on the meaning of "expenditure" in the Income Tax Act

Volume 2013, Issue 1
  • ISSN : 0257-7747
  • E-ISSN: 1996-2207
USD

 

Abstract


In 2012 1 All SA 613 (HHA) is bevind dat 'n maatskappy wat bates verkry deur middel van die uitreiking van aandele, geen "onkoste" vir doeleindes van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 aangaan nie. Hierdie beslissing steun op die gewone omskrywing van "onkoste", ingevolge waarvan daar 'n vermindering in die bates van die belastingpligtige moet wees. Aangesien die uitreiking van aandele nie 'n vermindering in die bates van die maatskappy teweegbring nie, gaan die maatskappy geen "onkoste" aan nie. In die uitspraak word die argument van die belastinghof in (68 SATC 57) dus verwerp.
In laasgenoemde beslissing het die hof aanvaar dat die maatskappy wel "onkoste" aangegaan het, aangesien die maatskappy 'n onvoorwaardelike verpligting aangegaan het (om aandele uit te reik). Die hoogste hof van appèl het egter bevind dat, alhoewel die aangaan van 'n onvoorwaardelike verpligting daarop dui dat die "werklik aangegaan"-vereiste nagekom is, dit nie 'n aanduiding daarvan is dat die "onkoste"-vereiste nagekom is nie. 'n Alternatiewe argument wat in geopper is en wat deur die Engelse howe aanvaar word, is weens verskille in die bewoording van die twee lande se belastingwetgewing nie deur die hof oorweeg nie. Ingevolge hierdie argument het 'n maatskappy 'n primêre reg om kontant te ontvang by die uitreiking van aandele. Indien die maatskappy dus ooreenkom om 'n bate anders as geld te ontvang, doen die maatskappy afstand van hierdie reg en is daar wel 'n vermindering in die bates van die maatskappy. By nadere oorweging van hierdie argument blyk dit egter dat 'n maatskappy, uit 'n regsoogpunt, geen "reg" op kontant het wat opgegee word nie.
In die lig van die beslissing in 2011 1 SA 1 (HHA), is dit onwaarskynlik dat die hof sal aanvaar dat 'n belastingpligtige "onkoste" aangegaan het bloot op grond daarvan dat die belastingpligtige ooreengekom het om vergoeding anders as geld te aanvaar.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/1/EJC130610
2013-01-01
2017-12-17

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error