1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente / Statutory Interpretation: An Introduction for Students, Christo Botha : boekbespreking

USD

 

Abstract

In 1976 het Cowen ("Prolegomenon to a restatement of the principles of statutory interpretation" 1976 131 137-143) agt tekortkominge van wetsuitleg geidentifiseer. Hierdie probleemareas kon ook gesien gewees het as punte van kritiek teen die destydse toonaangewende werk op die vakgebied: Steyn (1963). Aan die hand van minstens hierdie agt punte kan enige boek oor die uitleg van wette beoordeel word. Die outeur wys daarop dat die boek nie elke aspek van wetsuitleg aanspreek nie en dat dit hoogstens 'n poging is om die studente vertroud te maak met die belangrikste reëls en beginsels van wetsuitleg (vii). Die feit dat die boek beoog is as 'n inleiding vir studente beteken egter nie dat dit nie ook moet voldoen aan hierdie agt punte nie. Die uitleg van wette is 'n uiters belangrike vakgebied wat nog meer in belang sal toeneem soos wat die moderne mens sy probleme probeer oplos deur die promulgasie van wetgewing. As sulks is die uitleg van wette 'n omvattende daaglikse taak van die professie en die regbank (asook burgers wat deur hulle ampte of funksies verstrengel geraak het in wetgewing). Dit is van die uiterste belang dat regstudente genoegsaam toegerus word met die nodige hulpmiddels om wetgewing suksesvol te kan uitlê.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/2/EJC137404
2013-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error