1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - One-party dominance and democratic constitutionalism in South Africa

USD

 

Abstract

How can the rule of law be upheld if an elected government is dominated by one political party that misuses power or seeks to act in an authoritarian manner? Elected government is formed out of one political party, or more than one in the case of a coalition. In either case one-party dominance is a term generally used to describe the phenomenon of repeated electoral victories of one political party or grouping because of either ethnic or religious allegiances. It may simply also occur as a result of the culture of party politics of the country. The phenomenon of a dominant party system is also based on expectations that only one party will win and this influences the way in which that one party governs. The phenomenon of one-party dominance occurs in otherwise completely democratic countries where it is not expected to happen and is seen as an anomaly to the way democracy is expected to work. One-party political dominance raises concerns about accountability whenever there is a discernible tendency towards authoritarian decisions. This may take the form of "a majority tyranny", where the majority may not listen to or take account of minorities and rights. The executive may seek to abuse or misuse its powers; it may make decisions through administrative or executive discretion and may ultimately seek to use legislation to legalise its illegality or abuses.


Politieke soewereiniteit wat deur eenparty-oorheersing uitgeoefen word, kan deur die oorname en oorheersing van parlementêre gesag die bedreig en die demokrasie in die wiele ry. Die wetgewer sou sy wetgewende funksie só kon uitoefen dat dit inbreuk maak op natuurlike geregtigheid of dit sou in stryd met die en internasionale regsnorme onaanvaarbaar outoritêr kon optree. Dit kan gebeur in state wat heeltemal demokraties is, maar tog eenpartystate is. Hoe kan die rule of law gehandhaaf word wanneer 'n verkose regering oorheers word deur 'n enkele politieke party wat soewereine mag misbruik en op 'n outoritêre manier optree? Eenparty-oorheersing bring owerheidsverantwoordelikheid in gedrang wanneer daar 'n duidelike neiging is om outoritêre besluite te neem wat ten eerste party- en nie staatsbelange nie voorop stel. Dit kan uitloop op 'n "tirannie van die meerderheid" wanneer die regte van minderhede misken word. Die uitvoerende gesag kan probeer om hulle gesag te misbruik; dit sou deur die uitoefening van administratiewe of uitvoerende diskresie ingrypende besluite kon maak en uiteindelik ook probeer om deur wetgewing onwettige optrede en magsmisbruike te wettig.
Die posisie in Suid-Afrika word in die bydrae onder die loep geneem omdat die ANC se ontwikkeling as dominerende politieke party vrae laat ontstaan oor die begrippe "geregtelike-" en "politieke oppergesag", veral met verwysing na verantwoordbaarheid, parlementêre gesag en die normatiewe rol van die reg. Effektiewe parlementêre- en grondwetlike kruiskontroles om verantwoordelike en deursigtige regeringsprosesse te verseker, vereis die betrokkenheid van die regbank om die oppergesag van die reg in die sin van die te handhaaf. Hoe om die grense van grondwetlike gesagverdeling te bepaal, is die tema van 'n deurlopende debat wanneer geregtelike hersiening deur onverkose regters die verkiesingsmandaat van die uitvoerende gesag aan bande kan lê. Dit laat vrae ontstaan oor demokratiese konstitusionalisme wat verder strek as slegs die funksies van die regsprekende gesag; dit sluit ook demokratiese waardes en vorms van parlementêre verantwoordelikheid en die versterking daarvan in.
In Suid-Afrika is daar voorstanders van 'n aktiewe, intervensionistiese rol vir die howe, veral deur die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof, as 'n teenvoeter vir eenparty-oorheersing. Binne die breër raamwerk van staatsbestuur is dit moontlik om die verhouding tussen die howe en die wetgewer breër te sien as dat dit slegs oor geregtelike hersiening gaan. Daar is gemeenskaplike beginsels en waardes wat 'n invloed uitoefen op die aard van daardie verhouding om demokratiese, verantwoordbare en responsiewe regering te versterk en te bevorder. Die konstitusionele hof het die potensiaal om deelnemende demokrasie te bevorder eerder as om 'n deelnemer te wees aan 'n stryd tussen die regbank en die wetgewer. Daar is lesse hieruit te leer vir die hele Afrika en vir baie lande regdeur die wêreld.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/2/EJC137414
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error