1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - "Prosecution" in an action for malicious prosecution : a discussion of recent commonwealth case law

USD

 

Abstract

An action for malicious prosecution is the common law's response to the victim's cry for justice where a criminal prosecution was instituted contrary to law. Through the action for malicious prosecution the state is held accountable for the acts of prosecutors who do not enjoy absolute immunity for violating the liberty of the person and the human dignity arising from botched prosecution. The action, therefore, is an attempt at restoration in monetary terms, of those entrenched constitutional values. In the language of tort or delict, the plaintiff for such an action alleges wrongfulness: that the conduct of the prosecutor was unlawful; that it failed the reasonableness test; and that it was motivated by improper purpose or malice.


Ingevolge beide die gemenereg asook die grondwetlike stelsel, is 'n aksie vir kwaadwillige vervolging die reg se reaksie op die verwonding van menswaardigheid, integriteit en beeld van die persoon teen wie die ratte van die strafregtelike stelsel kwaadwillig en sonder redelike en waarskynlike regsgronde in werking gestel is. Hierdie aksie poog om die burgers van die land te beskerm teen arbitrêre arrestasie, onregmatige aanhouding, en swak-gemotiveerde en ongegronde vervolging.
Ten einde met 'n aksie vir kwaadwillige vervolging te slaag, moet die eiser vier elemente bewys. Dus, bykomend tot kwaadwilligheid en afwesigheid van redelike en waarskynlike regsgronde, moet hy ook twee vervolgingsverwante elemente bewys, naamlik dat daar 'n vervolging was wat in sy guns beslis is. Ten einde die verweerder se aanspreeklikheid te bepaal, moet die hof 'n aantal deurslaggewende aspekte wat uit hierdie vervolgingsverwante elemente voortspruit, oorweeg. Byvoorbeeld, wat stel vervolging daar; en wanneer kan 'n mens sê dat iemand 'n vervolging ingestel en deurgevoer het? Is die amptenaar, die werkgewer of die individu wat bloot die inligting aan die polisie oorgedra het 'n aanstigter van die vervolging? Of is dit die persoon wat aktief meegedoen het aan die vervolging wat die aanstigter is? 'n Nuttige riglyn in die beantwoording van hierdie belangrike vraag is te vinde in wat bevestig is in en .
Die tweede stel vrae het betrekking op die uitslag van die vervolging wat in die guns van die eiser beslis is. Kan 'n eiser 'n suksesvolle aksie instel vir kwaadwillige vervolging waar daar geen vervolging was nie; waar daar vryspraak was; 'n skikking plaasgevind het; 'n besluit van deur die staatsaanklaer genotuleer is; of waar die vervolging voorlopig teruggetrek is deur die aanklaer? Laastens, kwalifiseer dissiplinêre verrigtinge as 'n vervolging vir doeleindes van 'n aksie vir kwaadwillige vervolging?
Hierdie artikel ondersoek die aspek van die instel van 'n vervolging asook die beëindiging daarvan in die reg insake kwaadwillige vervolging. Daar word geargumenteer dat dit ewe moeilik is om die aspek van vervolging te bewys, as wat dit is om die afwesigheid van redelike en waarskynlike regsgronde of selfs kwaadwilligheid te bewys. Hierdie studie bewys dat die vereistes van die instel en deurvoer van die vervolging asook die afloop daarvan in die guns van die eiser, nie so klinkklaar of selfs minder omstrede is as die aspek van redelike en waarskynlike regsgronde nie. Dit is ook duidelik dat hierdie aspekte nie minder gekompliseerd is as die aspek van kwaadwilligheid, wat tradisioneel as problematies beskou is nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/2/EJC137416
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error