1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Onbillike arbeidspraktyke : 'n geslote begrip?
saak no DA1/11 (AAH) (ongerapporteer) : regspraak

USD

 

Abstract

Alhoewel die begrip "onbillike arbeidspraktyk" sy oorsprong in die Verenigde State van Amerika het, is die begrip as gevolg van die werksaamhede van die Wiehahnkommissie aanvanklik in 'n heeltemal ander konteks in die Suid-Afrikaanse reg gebruik (die Suid-Afrikaanse Regskommissie "Report of the Wiehahn Commission of Enquiry into Labour Legislation" Werkstuk 47, Projek 27 (1981); sien Basson "Labour law and the constitution" 1994 498 502 vir 'n uiteensetting van die begrip in die Amerikaanse reg). Die oogmerk van die wetgewer met die instelling van die begrip was om aan blanke werkers beter beskerming te bied teen onbillike verplasings as wat moontlik was op grond van die bestaande werksvoorbehoude wat vir hulle gegeld het (par 3.138 van die kommissieverslag). In 'n ironiese latere wending het hierdie begrip wat ingevoer is om blanke werkers te beskerm, 'n sleutelbegrip geword in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse arbeidsreg. Daar is selfs in (1996 17 571 (NH)) bevind dat dit toelaatbaar was vir 'n werkgewer om teen 'n blanke werker te diskrimineer met betrekking tot bevordering ten einde die normalisering van Suid-Afrikaanse samelewing na te streef (Le Roux en Van Niekerk (1994) 1-2; Landman "Fair labour practices: the Wiehahn legacy" 2004 805 806).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/3/EJC138760
2013-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error