1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die grondwetlikheid van inhegtenisneming sonder lasbrief onder die soeklig
2011 1 SASV 315 (HHA) : regspraak

USD

 

Abstract

Inhegtenisneming is 'n belangrike middel tot die polisie se beskikking in misdaadbestryding, maar vanweë die ernstige inbreukmaking wat dit inhou op die regte van die gearresteerde persoon is reeds voor die huidige grondwetlike bestel vereis dat magtigende statutêre vereistes nougeset nagekom word. Die bewyslas rus bygevolg dan ook op die arresteerder om aan te toon dat inhegtenisneming regmatig was ( 1986 3 SA 568 (A) 589E-F). Inhegtenisneming sonder lasbrief deur 'n vredesbeampte word beheers deur artikel 40 van die Strafproseswet 51 van 1977 (die wet) (ingevolge a 1 van die wet is "polisiebeampte" by die omskrywing van "vredesbeampte" inbegrepe en beide terme word in hierdie bydrae gebruik). Artikel 40 omskryf in 'n aantal subartikels die verskillende omstandighede waaronder arrestasie mag plaasvind en stel die jurisdiksionele voorveistes waaraan voldoen moet word alvorens inhegtenisneming sonder 'n lasbrief geregverdig sal wees.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/3/EJC138761
2013-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error