1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - en sommige gevolge van goeie buurmanskap
2012 6 SA 1 (HHA) : regspraak

USD

 

Abstract

Dit is alombekend dat die grondserwitute wat op water betrekking het, te wete dié van waterleiding () en waterhaling (), tesame met die drie serwitute van weg (nl die reg om te voet of te perd oor die dienende grondstuk te beweeg (), die reg om diere oor die dienende eiendom aan te jaag () en 'n algemene reg van weg oor die dienende eiendom ()), van die oudste grondserwitute - in die besonder - is (Kaser I (1971) 143; Van Oven (1948) 146; Van Warmelo (1957) 161; vgl Van der Merwe en De Waal "Servitudes" XXIV 470 476) wat deur die loop van die eeue behoue gebly het en via die Romeins-Hollandse regsbronne 'n stewige vastrapplek in die Suid-Afrikaanse reg verwerf het (vgl Van der Merwe (1989) 481 ev, 492 ev; Badenhorst, Pienaar en Mostert (2006) 326). Om hierdie rede sou 'n mens geregverdig kon aanneem dat die grondbeginsels van 'n serwituut soos , wat in die onderhawige saak die onderwerp van geskil was, na 'n tydperk van twee millennia reeds met 'n uiterste mate van sekerheid gevestig is en dat dit hoogs onwaarskynlik is dat 'n regsvraag wat oor een van die fundamentele beginsels daarvan handel, die aandag van die regbank in die hoogste hof van appèl sou kon verg.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/3/EJC138762
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error