1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Beskerming vervat in die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 - vir wie?
2013 2 SA 187 (HHA) : regspraak

USD

 

Abstract

Met die invoering van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 einde 1984 het die wetgewer met een klap 'n wesenlike agterstand in die Suid-Afrikaanse huweliksgoederereg agterhaal en die agterstelling van die Suid-Afrikaanse regsubjekte wat toe nog die risikoryke sprong ín die huwelik gewaag het, verklein. Daarmee is gebreek met 'n eeuoue benadeelde posisie van die vrou wat haar onderlê het aan die verstek huweliksgoedereregtelike posisie van 'n huwelik in gemeenskap van goedere vir die twyfelagtige voordeel om darem by ontbinding van die huwelik eendag gelykop te deel in die materiële vrugte wat die huwelik potensieel mag oplewer. Gedurende die bestaan van die huwelik was die vrou vóór 1 November 1984 statusgewys agter haar minderjarige suster geplaas en uitgelewer aan alle risiko's wat haar gade as almagtige administrateur die gemeenskaplike boedel mag aanrig. Die wetgewer het bewustelik beoog om met die nuwe omskrywing van die huwelik in gemeenskap van goed soos gereël in hoofstuk drie van daardie wet die posisie van die vrou as swakker vat te verbeter en om haar te beskerm teen die risiko's waaraan sy uitgelewer was en in die proses beide geslagte gelykwaardig te behandel: "The consent provisions are intended to provide protection to one spouse against the maladministration of the other" (Boberg (1999) 191). Die oogmerk van die wetgewer was nie primêr om die posisie van derdes wat betrokke is in handelsbetrekkinge met enige persoon wat toevallig getroud was in gemeenskap van goed te verbeter of te beskerm nie en waar dit wel as newe-effek in die wet neerslaan, is dit inderdaad, soos die woord aandui, bysaak en nie die hoofsaak nie. Daar is per definisie voldoende wyses waarop bedrewe handelaars hulself teen bedrog kan beskerm en verder is daar geen statistiese bewys dat juis getroude rolspelers in die handelswêreld om daardie rede meer slinks as ongetroude skelms is en hul teenparty daarom aanspraak op méér regsbeskerming in die oë van die wetgewer geniet nie. (Sien Weimar: "Die Gläubiger brauchen diesen Schutz nicht. Es ist doch der Regelfall, dass nur der Vertragschliessende selbst als Schuldner haftet. Gibt es etwa einen Erfahrungssatz, wonach verheiratete Personen schlechtere Schuldner sind?" - "Zur Kritik des neuen Eherechts" 1985 205 207.)

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/3/EJC138763
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error