1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Reaction to early warning of gross human rights violations : preventative steps that could be taken by the international community

USD

 

Abstract

Kofi Annan, the then United Nations secretary-general, stated in 2001 in the prevention of armed conflict report that, in an attempt to prevent armed conflicts, it is best if states act in terms of measures aimed at the peaceful settlement of disputes provided for under chapter VI of the charter of the United Nations.


Die internasionale gemeenskap is moreel verplig om te verseker dat weerlose persone se menseregte beskerm word en dat volksmoord nie gepleeg word nie, wat in wese 'n -verpligting is. Die impak van hierdie -verpligting is dat elke staat in die internasionale gemeenskap 'n regsbelang daarby het om volksmoord en misdade teen die mensdom te voorkom: indien 'n staat nie hierdie verpligting uitvoer nie, sal dit internasionale staatsaanspreeklikheid vir die staat meebring.
State moet soveel as moontlik beskikbare voorkomingsmaatreëls instel sodra vroeë waarskuwingstekens sigbaar word: voorkomingsmaatreëls moet dus nie slegs ingestel word in reaksie op growwe menseregte-skendings nie, maar ook in afwagting daarvan. Dit is uiters belangrik dat daar 'n verskuiwing plaasvind van die huidige "kultuur van reaksie" na 'n "kultuur van voorkoming" sodat state die -verpligting kan uitvoer. Voorkoming ingevolge die -verpligting van growwe menseregte-skendings is die verantwoordelikheid van alle state in die internasionale gemeenskap te alle tye en is nie slegs die verantwoordelikheid van individuele state, 'n groep state, of lidstate van internasionale- of regionale organisasies nie.
Die vier groepe state in die internasionale gemeenskap op wie die -verpligting rus om growwe menseregte-skendings te voorkom, word ondersoek. Die eerste groep is die verantwoordelike staat: elke regering in elke staat in die internasionale gemeenskap is verplig om sy eie burgers te beskerm ingevolge die -verpligting om volksmoord en misdade teen die mensdom te voorkom en die beginsel van die soewereiniteit van state. Indien die verantwoordelike staat onwillig of onbevoeg is om die uit te voer of die staat is die dader van die skendings, dan is derde state verplig om voorkomingsmaatreëls in te stel. Verskeie voorkomingsmaatreëls is beskikbaar aan hierdie tweede groep, en bestaan uit teenmaatreëls, die verwysing na die ondersoek, beslegting of vervolging by 'n gepaste forum, of ten einde laaste, kollektiewe aksie deur state in die vorm van humanitêre inmenging. Die laaste twee groepe, lidstate van die Verenigde Nasies en lidstate van regionale organisasies, is bevoeg en verplig ingevolge hul grondwetlike dokumente om voorkomingsmaatreëls in te stel. In hierdie bydrae ondersoek die outeur die verskillende voorkomingsverpligtinge wat op hierdie vier groepe geplaas word, en verduidelik die beskikbare voorkomingsmaatreëls.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2013/3/EJC138770
2013-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error