1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Afdwinging van beslissings van internasionale tribunale - die Konstitusionele Hof aan die woord
2013 5 SA 325 (KH) : regspraak

USD

 

Abstract

Daar is 'n geweldige toename in internasionale tribunale en geskilbeslegtingsliggame wat almal op die een of ander wyse betrokke is by die beslegting van geskille (wat verband hou met die uitleg of verbreking van verdrae en/of die afdwinging van regte uit hoofde van verdrae) of by die vasstelling van regte uit hoofde van verdrae. Die internasionale regsomgewing ken egter nie 'n algemene struktuur soos in die geval van plaaslike howe met 'n hiërargie van regsprekende gesag ingevolge waarvan die beslissings van hierdie internasionale tribunale, indien die betrokke partye hulle nie by die beslissing hou nie, wel deur 'n hoër gesag afgedwing kan word nie. (Sien oa die besprekings oor hierdie aangeleenthede deur Guzman en ook Young "Supranational rulings as judgments and precedents" 2007-2008 477; Sloss en Jinks (reds) (2009).) Dit moet egter nie verwar word met die kwessie van die (moontlike) gebondenheid van plaaslike howe aan die beslissings van internasionale tribunale waar daar sprake is van die skepping van presedente nie en waar die internasionale tribunaal inderwaarheid as deel van die hiërargie van die howe beskou kan word nie (sien hier bv die posisie in die Europese Unie met die Europese geregshof wat beslissings kan gee wat ook direk in die lidstate van krag is en wat rigtinggewend is met betrekking tot die uitleg en ontwikkeling van die Europese reg en die reg om na hierdie hof te appelleer indien dit om Europese regsaangeleenthede sou handel (Verdrag insake die Werking van die Europese Unie (gekonsolideerde weergawe 2012/C 326/01) C362 26-10-2012).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/1/EJC148472
2014-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error