1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die legaliteitsbeginsel en die toelaatbaarheid van regterlike aktivisme by die ontwikkeling van die substantiewe strafreg (deel 1)

USD

 

Abstract

Die -beginsel (geen misdaad sonder 'n regsreël nie) het in die gemenereg hoofsaaklik in verband met die toelaatbaarheid van regterlike uitbreiding van gemeenregtelike misdaadomskrywings ter sprake gekom. Hierdie beginsel, wat deel vorm van die omvattende oppergesag van die reg-beginsel, word ook sedert die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 spesifiek in artikel 35(3)() van die grondwet gewaarborg. Artikel 35(3)() bepaal dat elke beskuldigde 'n reg op 'n billike verhoor het, wat die reg insluit om nie skuldig bevind te word weens 'n handeling of versuim wat ten tyde van die handeling of versuim ingevolge óf nasionale óf internasionale reg nie 'n oortreding was nie. Artikel 35(3)() handhaaf die beginsel by strafoplegging deur te bepaal dat elke beskuldigde die reg het op die voordeel van die ligste van die voorgeskrewe strawwe indien die straf wat vir die oortreding voorgeskryf is, verander is tussen die tydstip wat die oortreding gepleeg is en die tydstip van vonnisoplegging. 'n Omvattende proefskrif is reeds in die Suid-Afrikaanse reg geskryf oor die moontlike uitwerking en die gewensde toepassing van die legaliteitsbeginsel in verband met die beregting van internasionale misdade in nasionale howe. Hierdie bydrae fokus op die toepassing van die beginsel in die nasionale strafreg.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/2/EJC152119
2014-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error