1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Huweliksvoorwaardes én kontrakteervryheid onder druk
(952/2012) [2014] ZASCA 14 (24-03-2014) (ongerapporteer) : regspraak

USD

 

Abstract

In die Suid-Afrikaanse huweliksvermoënsreg is die verstekposisie by ontstentenis van 'n notarieel verlyde huweliksvoorwaardekontrak, 'n huwelik in gemeenskap van goed met 'n enkele gemeenskaplike boedel. Die partye word geag daarop ooreen te gekom het sodat geag word dat dié huweliksvermoënsregtelike reëling die resultaat van die partye se wilsooreenstemming is. Die gades is dan elk medereghebbende van 'n halwe onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike boedel en dit speel in beginsel geen rol welke bydrae tot die gemeenskaplike boedel die man of die vrou gemaak het hetsy ten tye van huweliksluiting of tydens die huwelik nie. Daar is dan werklik sprake van 'n gemeenskap van alle bates en laste én van wins en verlies. Reeds vanuit die gemenereg is egter erkenning verleen aan die kontrakteervryheid van gades om hul huweliksvermoënsregtelike posisie na keuse te kan reël sodat daar toe reeds ruimte was vir 'n veeltal variasies wat gewissel het van koue uitsluiting met geen vorm van batedeling nie tot 'n drie-boedelsisteem waar daar twee afsonderlike boedels kon wees en daarnaas 'n gemeenskaplike boedel wat gewoonlik die wins en verlies bevat het wat tydens die huwelik opgeloop is en ten aansien waarvan beide eweneens 'n reghebbende van 'n halwe onverdeelde aandeel was. 'n Inherente nadeel van 'n drie-boedelsisteem in vergelyking met aanwasdeling is dat by eersgenoemde steeds sprake van verlies- en skulddeling is terwyl in 'n sisteem van aanwasdeling slegs in die aanwas maar nie in die verliese nie gedeel word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/3/EJC156518
2014-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error