1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Kan partye die Nasionale Kredietwet konsensueel op hulle kredietooreenkoms van toepassing maak indien die wet nie geld nie? : regspraak

USD

 

Abstract

Die regsvraag wat in bogenoemde twee sake beantwoord word, het na my wete nog nie ter sprake gekom in die howe sedert die aanname van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 nie, gewis nie wat gerapporteerde regspraak betref nie. Ek weet ook nie van 'n skrywer wat daaroor 'n mening gelug het nie. Daar was wel 'n beslissing gewees onder die ou Wet op Huurkoop 36 van 1942 waarin die kwessie beslis is insoverre dit die Huurkoopwet betref ( 1950 3 SA 715 (W)). Daar is nie in een van bogenoemde twee sake na hierdie beslissing verwys nie. Soos later verduidelik sal word, is die struktuur van die Huurkoopwet so anders as dié van die Nasionale Kredietwet dat 'n saak wat onder eersgenoemde wet beslis is dikwels hoogstens oortuigingskrag kan hê. Daar is natuurlik gevalle waar die wette kan wees en ou beslissings behoorlike presedente daarstel. Dit is nie nodig om nou daarop in te gaan nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159986
2014-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error