1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Buitengewone testamentêre bepalings en geykte regsnorme : regspraak

USD

 

Abstract

In die Suid-Afrikaanse reg geniet 'n testateur prakties onbeperkte testeervryheid sodat hy byna na willekeur bepalings in sy testament kan insluit waarvolgens hy beskik oor sy bates na sy heengaan mits maar in die proses geen regsreëls verbreek word nie. Die testateur kan byvoorbeeld nie die bevoordelings voorwaardelik daarvan afhanklik maak dat sy bevoordeeldes hul bestaande huwelike deur egskeiding laat ontbind nie. Sodanige voorwaarde is en sal dan bloot as interpreteer word en die bevoordeling sal onvoorwaardelik die begunstigdes toeval. Die testateur het egter die bevoegdheid om die omvang en inhoud van sy bevoordeling per bevoordeelde te bestem en kan dit nie alleen van regtens relevante voorwaardes afhanklik maak nie, maar ook aan 'n termyn koppel. Hoewel 'n bevoordeling wat toegeval het gewoonlik permanent die bevoordeelde toekom in lyn met die spreuk "eens gegeven en dan genomen, is erger dan een dief gestolen", kan die termyn inderdaad afloop vóór die dood van die begunstigde en kan die erflater voorsiening maak vir opvolgende bevoordeling van navolgende bevoordeeldes hoewel dit nie so dikwels voorkom dat die regte vir die navolgende bevoordeelde vestig voor die dood van die eersbenoemde begunstigde nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159988
2014-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error