1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Aquiliese aanspreeklikheid vir suiwer ekonomiese verlies - die hoogste hof van appèl draai briek aan : regspraak

USD

 

Abstract

Daar bestaan nouliks twyfel daaroor dat die moderne Suid-Afrikaanse deliktereg tans in 'n smeltkroes verkeer. Die onlangse verlede getuig byvoorbeeld van die aanwending van die reëls (sommiges sou beweer "leerstuk") van middellike aanspreeklikheid om werkgewers, soos die staat, aanspreeklik te hou vir die onregmatige dade van hul werknemers onder omstandighede wat skaars 'n dekade of twee gelede ondenkbaar sou wees (sien bv 2001 4 SA 938 (KH); 2005 6 SA 419 (KH); en 2012 1 SA 536 (KH)), asook van die herbesinning deur ons howe oor sekere grondbeginsels van ons deliktereg, soos die fundamentele uitgangspunt dat skade rus waar dit val en die betekenis van bepaalde delikselemente soos onregmatigheid (sien bv SA 2006 1 SA 461 (HHA)), die afbakening van die grense tussen elemente soos onregmatigheid en die skuldvorm nalatigheid ten einde byvoorbeeld te bepaal of 'n handeling in noodtoestand die onregmatigheids- of nalatigheidselement kanselleer (sien bv 2007 2 SA 118 (HHA)) en selfs die vraag of onregmatigheidsbewussyn 'n komponent is van vir doeleindes van die lasterreg (sien bv 2010 4 SA 210 (HHA)).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159989
2014-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error