1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Divergent approaches to freedom of speech in countries not having a "bill of rights" : the United Kingdom and Australian scenarios

Volume 2014, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die demokratiese staatsbestel is afhanklik van onbelemmerde vryheid van spraak en die judisiële beskerming daarvan. Daarsonder kan die individu nie sinvol aan die politieke gesprek deelneem nie. Sommige demokrasieë waarborg vryheid van spraak in 'n akte van menseregte. Die Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika is voorbeelde hiervan. Die Verenigde Koninkryk en Australië is twee lande wat nie oor aktes van menseregte beskik nie. Albei voel sterk oor die beginsel van vryheid van spraak maar benader die aangeleentheid uiteenlopend. In die Verenigde Koninkryk is vryheid van spraak van oudsher gesien as 'n intrinsieke deel van 'n demokrasie en is dit dan ook deur die howe as deel van die gemenereg ontwikkel en interpreteer. Dit is onder andere beskou as deel van die . Die 1998 het die bepalings van die Europese Konvensie vir Menseregte (konvensie) in die Verenigde Koninkryk geïnkorporeer. Artikel 10 van hierdie konvensie omskryf vryheid van spraak. Hiermee het uitsprake van die Europese hof vir menseregte oor vryheid van spraak 'n geweldige invloed op die howe van die Verenigde Koninkryk begin uitoefen. Die Verenigde Koninkryk howe aanvaar uitsprake van die Europese hof vir menseregte oor vryheid van spraak asof dit uitsprake van hul eie howe is. In Australië sien die howe vryheid van spraak as 'n reg as die spraak oor "politieke aangeleenthede" handel. Vryheid van spraak - as dit oor politieke aangeleenthede gaan - word gesien as 'n vryheid wat geïmpliseer is weens die feit dat die Australiese staatsbestel op verteenwoordigende regering fundeer is. Probleme ontstaan egter by die interpretasie van die begrip "politieke aangeleenthede". Die artikel analiseer die benadering van vryheid van spraak in die Verenigde Koninkryk en Australië hoofsaaklik met verwysing na die belangrikste onlangse hofbeslissings. Wat die Verenigde Koninkryk betref is daar verwysings na die (1999); (2007); (2001); (2001); (2004); (2003) en (2004) hofbeslissings. Die Europese hof vir menseregte se beslissings soos die -saak (1980); (1986) en (1994) se invloed op Verenigde Koninkryk howe word ook uitgewys. Die opspraakwekkende Australiese hofbeslissings wat bevind het dat vryheid van spraak in Australië 'n geïmpliseerde reg is, (1992) en (1992) word na verwys asook die reaksie daarop in (1997) en (1994). Hoe sogenaamde "haatspraak" in die Verenigde Koninkryk en Australië figureer gesien die twee lande se verskillende benaderings van vryheid van spraak, word ook kortliks bespreek.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159993
2014-01-01
2017-03-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error