1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Corporate "assault" : bullying and the aegis of criminal law (part 2)

USD

 

Abstract


Die oogmerk met hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die vraag of persone wat boelie, strafregtelik aanspreeklik gehou behoort te word vir hul dade. Sielkundige skade wat veroorsaak word deur boelies is 'n werklikheid in die werkplek en word dus nie net op die skool se speelterrein aangetref nie. Wat boelie 'n ernstige verskynsel maak, is dat dit dikwels manifesteer as 'n deurlopende patroon van gedrag, eerder as 'n geïsoleerde insident, wat gevolglik blywende fisiese- of emosionele skade kan veroorsaak. Terwyl dit duidelik is dat die handeling van 'n boelie 'n handeling in die vorm van 'n fisiese aanranding daar kan stel, kan hierdie soort handelinge ook die vorm van 'n mondelinge sielkundige aanval aanneem. Dit kan ook 'n indirekte vorm aanneem wat tot verwerping of die sosiale isolasie van die slagoffer kan lei. Die konsep "boelie" word nie regtens omskryf nie. Dit word dus as 'n vorm van teistering in 'n vergelykende konteks ondersoek. Daarna word die misdade en aanranding bespreek. Die misdaad aanranding word in die konteks van beide 'n positiewe handeling en 'n late bespreek. Die posisie met betrekking tot aanranding in die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk word ondersoek. Derhalwe word aangevoer dat gevalle van teistering wat sielkundig is, ook moontlik onder 'n breër interpretasie van die misdaad van aanranding, tuisgebring kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159994
2014-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error