1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Re-visiting the rule of law and principle of legality : judicial nuisance or licence?

USD

 

Abstract


Die eenvoudige uitoefening van openbare en private mag hang af van wat redelik is. Proporsionaliteit en rasionaliteit moet as noodsaaklike bestanddele van redelikheid dien. Intrinsiek gekoppel aan voorgenoemde is die rol wat deur die oppergesag van die reg en die legaliteitsbeginsel vervul word, wat 'n onderdeel van die oppergesag van die reg is. As 'n fundamentele beginsel van grondwetlike reg, beperk die legaliteitsbeginsel die magte wat in die besonder deur die uitvoerende gesag en wetgewer uitgeoefen word op so 'n wyse dat hulle geen mag kan uitoefen behalwe wat aan hulle verleen is ingevolge die reg nie - om anders te handel, is om op die tree. Administratiefreg en die hersiening van die uitoefening van mag maak op die legaliteitsbeginsel staat. Artikel 33 van die 1996-grondwet verseker die reg op regverdige administratiewe optrede. Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 gee gevolg daaraan. Die outeur redeneer dat konseptuele probleme en ingewikkeldhede van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid meer gedoen het om hersieningsaansoeke kragtens die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid te benewel as inspireer, wat veroorsaak dat litigante, akademici en regters na die meer soepel en minder gekompliseerde regsmiddele wat aangebied kan word, kyk deur hulle op die legaliteitsbeginsel te beroep. Die doel van die artikel is om op die soepel aard van die legaliteitsbeginsel te fokus en die mate waarin dit in administratiefregtelike hersiening aangewend kan word. Indien egter onbehoorlik toegepas, betoog die outeur, kan dit ook gebruik word om die beginsel van subsidiêriteit te ondermyn. Die outeur ondersoek sekere sake wat beklemtoon het dat nasionale wetgewing nie ontduik kan word nie en dat vertroue regstreeks in die grondwet geplaas word om regte af te dwing. Dit word herhaal deur die bepalings van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid "ten uitvoer te bring". Ten slotte ondersoek die artikel die moontlikheid van ruim balans, indien enige, wat tussen die elastisiteit wat deur die legaliteitsbeginsel gebied word en die vereiste om nie nasionale wetgewing te ignoreer nie, bereik kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159995
2014-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error