1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Uncertificated shares : a comparative look at the voting rights of shareholders (part 2)

Volume 2014, Issue 4
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die reg om te stem is die belangrikste meganisme waardeur aandeelhouers die gedrag van 'n maatskappy kan beïnvloed. Maar die struktuur van ongesertifiseerde aandele, waar verskeie tussengangers gewoonlik tussen die maatskappy en aandeelhouer funksioneer, veroorsaak dikwels dat die onderliggende beleggers van hul stemreg ontneem word. Elektroniese stelsels vir die bewaring en oordrag van aandele het ontwikkel toe die volume papierwerk wat deur transaksies op aandelemarkte gegenereer is onhanteerbaar geraak het. Dit is gerieflik om die struktuur van verskillende elektroniese markte aan die hand van drie stelle kenmerke te klassifiseer. Die onderskeid tussen immobilisasie en dematerialisasie dui op die manier waarop die aanspraak of titel op aandele bewys word, naamlik deur middel van 'n sertifikaat of 'n elektroniese rekord. Die tweede onderskeid is dié tussen direkte en indirekte hou van aandele en word bepaal deur die regsverhouding tussen die voordelige houer van aandele en die maatskappy wat die aandele uitgereik het, asook die rol van tussengangers. Afhangende daarvan of die rekord van eiendomsreg op dieselfde sentrale vlak gehou word as waar die oordrag plaasvind, of dan op 'n ander laer vlak, word ook onderskei tussen gesentraliseerde en gefragmenteerde stelsels vir die hou van aandele.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC159996
2014-01-01
2017-03-29

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error