1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Protecting the lifeblood of commerce : a critical assessment of recent judgments of the South African supreme court of appeal relating to demand guarantees

USD

 

Abstract


Onafhanklike waarborge, of waarborge betaalbaar op eerste aanvraag () soos veral (maar nie uitsluitlik nie) in die konstruksiebedryf, het in die afgelope paar jaar aansienlik aandag geniet in die hoogste hof van appèl. In hierdie proses het die hof veral die onafhanklikheid van hierdie tipe waarborg beklemtoon - in beginsel is verwere wat voortspruit uit die onderliggende (konstruksie)-kontrak ontoelaatbaar. Vir dieselfde rede kan die skuldenaar (in die konstruksiemilieu tipies die kontrakteur) ook nie op grond van feite wat uit die onderliggende kontrak voortspruit, 'n interdik bekom wat die waarborggewer belet om die begunstigde van die waarborg (in die konstruksiemilieu tipies die werkgewer) ingevolge die waarborg te betaal nie. Op hierdie beginsel is daar slegs een goed gevestigde uitsondering naamlik bedrog aan die kant van die begunstigde. Teen hierdie agtergrond word veral drie uitsprake evalueer: in (2011 1 SA 70 (HHA)) het die meerderheid beslis dat indien die geskil in die onderliggende konstruksiekontrak finaal besleg is voordat die waarborg betaal is en die uitslag is dat die kontrakteur nie kontrakbreuk gepleeg het nie, dit 'n geldige verweer is wat die waarborggewer teen die begunstigde kan opwerp. As sodanig het hierdie uitspraak dus naas bedrog 'n verdere uitsondering op die onafhanklikheidsbeginsel erken. Die minderheidsuitspraak, daarteenoor, sou die onafhanklikheidsbeginsel wou handhaaf.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2014/4/EJC160000
2014-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error